Monday May 13, 2024
Episode 264 - AfriForum-konferensie wys uit: SEB verryk elite en bereik nie sy doel, meen kenners
- Forum Nuus berig: SEB verryk elite en bereik nie sy doel, meen kenners Die boodskap by AfriForum se konferensie waar die regering se verskeie rassebeleide bespreek is, was duidelik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) móét beëindig word. Die vernietigende gevolge van SEB en ander rassebeleide wat die ANC-regering oor die jare ingestel het, kan duidelik gesien word in die agteruitgang van dienslewering, die skrikwekkende hoë misdaadsyfer, die groei van die werkloosheidsyfer en verarming van die kwesbaarste mense in die gemeenskap.
- Die Suid-Afrikaanse regering se rasgebaseerde beleide, soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), is niks meer as ’n rookskerm vir klein elite-bemagtiging en kaderontplooiing nie. Dit is tyd om hierdie diskriminerende beleidsroete te beëindig. Dít het die kern gevorm van die argumente wat vandag op die burgerregteorganisasie AfriForum se konferensie gemaak is waar sprekers in-diepte aanbiedings gelewer het wat gefokus het op die skade wat die regering se rasgebaseerde beleid, soos SEB, aangerig het en steeds doen. Die sprekers het AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, Ernst van Zyl, die Vryemarkstigting se beleidshoof, Martin van Staden, en politieke ontleder en skrywer, Phumlani M. Majozi, ingesluit.
- Werner Human skryf: Vanoggend hou AfriForum ‘n konferensie oor die string rassewetgewing wat die land en al sy mense nogsteeds in ‘n wurggreep hou.
- Martin van Staden, beleidshoof van die Free Market Foundation, en Phumlani Majozi, ‘n outeur en kommentator, deel hulle navorsing en menings oor hierdie belangrike tema.
- Daar is vandag meer rasgebaseerde wetgewing as in die verlede, en ook, dit baat slegs ‘n klein swart elite wat bande met die ANC het.
- Solidariteit: skryf Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) en die Nasionale Vergadering (NV) gaan hierdie week inderhaas die Bela-wysigingswetsontwerp probeer deurdruk en daarom versoek Solidariteit, danksy nuwe parlementêre reëls oor petisies uit die openbaar, dat die Bela-kwessie eers van die agenda geskrap word.
- Netwerk 24 berig: Regering se plan met krag werk ooglopend, sê Ramaphosa
- Talle mense beweer steeds dat die huidige verminderde beurtkrag wat Suid-Afrika ervaar, ’n politieke slenter voor die algemene verkiesing is. Dít ten spyte van al die beskikbare bewyse, sê pres. Cyril Ramaphosa.
- “Sommige mense bespiegel selfs dat daar minder beurtkrag is omdat Eskom die dieselaangedrewe noodkragstasies gebruik om ‘die ligte aan te hou’ in aanloop tot die verkiesing. Dít word nie deur feite gestaaf nie,” skryf hy Maandag in sy weeklikse nuusbrief.
- Landboucom berig: Nadat die energiebeskikbaarheidsfaktor van Eskom die naweek die 70%-kerf oorgesteek het en Suid-Afrika op 47 dae sonder beurtkrag kan terugkyk, het die minister van elektrisiteit homself Maandagoggend vir ’n wyle aan politieke grootpratery oorgegee.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.