Nuusagenda
Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.
Episodes
6 hours ago
6 hours ago
6 min
Die stede werk nie — en dit kos die hele land
Mislukte munisipaliteite is nie meer net ’n plaaslike ergernis nie. Lekpype, donker straatligte en krag wat nie by die huis kom nie, word ’n nasionale ekonomiese risiko. Waar die raad nie lewer nie, moet besighede en gemeenskappe die gat toemaak. Dit is duur. Dit jaag belegging weg. Kiesers voel dit eerste by die kraan en die slaggat.
Ramaphosa sê self die kiesers loop
In Orange Farm erken president Cyril Ramaphosa: mense stem minder ANC omdat diens swak is en vertroue in partye en munisipaliteite gedaal het. Misdaad en jeugwerkloosheid is die klagtes. Hammanskraal sit sonder stabiele water. Sy plan is ’n nasionale waterkomitee en boorgate tot in die straat. Hy sê mense is “nog lief vir die ANC”. Liefde by ’n huisbesoek is nie dieselfde as ’n kruisie op 4 November nie.
’n Tweede kans vra bewyse, nie jammerkry nie
Die vraag is nie of die ANC berou toon nie. Dit is of kiesers drie dinge kan sien voor die verkiesing: een duidelike burgemeester per metro, nie ’n lang lys en ’n geveg nie; geld wat werklik invorder; water, slaggate en krag in die wyk. Sonder dit bly “kom terug, ons maak dit reg” net woorde.
Die party verdwyn nie — die outomatiese meerderheid wel
Die ANC is nasionaal nog die grootste party, rondom 34%. Dit is nie die einde van die organisasie nie. Dit is die einde van die ou reël dat die ANC vanself die raad kry. Elke metro word nou ’n onderhandeling.
Die alliansie loop nie meer saam nie
Die SAKP staan alleen in November. Solly Mapaila hoofsekretaris van die SAKP sê die alliansie is nie hernu nie, en die RNE gee “regse” partye te veel sê. Cosatu wil eers ’n versoeningsberaad hê. Op grondvlak beteken dit verdeelde veldtogte, nie een stoet agter dieselfde lyste nie. Die spanning met die SAKP is verhoog met die telefoniese afdanking van Benson Nqentsu wat in die Wes-Kaapse wetgewer ‘n gesit het onder die vaandel van die ANC maar ‘n prominente SAKP lid is.
Die lyste is laat en vuil skoongemaak
Meer as 350 ANC kandidate is ure voor die IKB-sperdatum geskrap — kriminele rekords, geen matriek. Twee spesiale NUK’s in twee dae.
Wat November gaan toets en aandui
Die rooiligte is nie een storie nie. Die ANC draai sy rug op kiesers wat die partye hul hele lewe lank ondersteun het. Dit is diens wat sak, kiesers wat weg Bly, ’n alliansie wat kraak, en lyste wat eers op die laaste dag gesif word.
5 days ago
5 days ago
4 min
ANC-kandidate sonder matriek moet beloof om binne ’n jaar te kwalifiseer
Die ANC het kwytskeldings vir raadslede sonder matriek afgekeur. Kandidate mag op die lys bly as hulle skriftelik beloof om binne 12 maande matriek of NQF4 te kry — anders word hulle geskrap.
Die analis Ebrahim Harvey noem dat wyksraadslede minstens matriek moet hê. Hulle keur begrotings goed, sit op tenders en moet amptenare toesig hou. Matriek is die laagste formele peil. Dat die ANC dit eers nou eis is laat, nie radikaal nie. Berigte van honderde funksioneel ongeletterde raadslede in KZN maak die vereiste nog meer voor die hand liggend.
Dawie Roodt wys uit dat die ANC het homself bewys as onbevoeg en “die mees vernietigende mag wat Suid-Afrika nóg gesien het”
Johannesburg bewys die punt
Die CDE se Joburg’s Broken Budget wys ’n stad wat “losgeraak het van finansiële werklikheid”. Bruto onbetaalde rekeninge het in ’n dekade van sowat R15 miljard tot omtrent R72 miljard gegroei — amper 17% per jaar. Die stad toon R12 miljard agterstallig; ná voorsiening vir slegte skuld is dit meer as R70 miljard.
Helen Zille se lyn sluit hierby aan: politiek, korrupsie en koalisie-chaos het Johannesburg stukkend gemaak. Haar doel is nie beter sertifikate in die raad nie. Dit is 490 000 DA-stemme en 136 uit 270 setels, sodat water, krag en paaie nie by elke klein party gekoop hoef te word nie. Sonder daardie meerderheid bly die stad ’n gyselaar — ook as elke raadslid matriek het.
Partye, nie papiertjies, kies die raad
Fikile Mbalula se opmerking — niemand praat oor die DA se manifes nie — is veldtog geraas, maar dit raak ’n ware gaping: kiesers hoor Zille, koalisies en “red Joburg”, nie altyd ’n duidelike bestuur pakket nie.
Die VF Plus-ontwrigting rondom Grandi Theunissen, Willie Spies se inswering en Corné Mulder se reaksie herinner dat selfs “bekwame” partye mense skuif vir posisie. Kader logika sit nie net by die ANC nie. Peter Bruce se weergawe van 42 ANC-kandidate vir agt metro’s, sonder ooreenkoms, wys ’n party wat nie eers sy eie lys kan uitklaar nie. Matriek op daardie lyste verander nie faksie vrede nie.
Wat wél die ineenstorting kan stuit
Martin van Staden se argument is nader aan die kruks van die probleem: nuwe “toestemming strukture” — kiesers, howe, privaat vennote, gemeenskappe wat mag kry om te bou waar die staat faal. Matriek hoort in daardie pakket as minimum. Daarna tel invordering, kapitaal bo-salarisse, koalisie drempels, en partye wat geskikte mense kies.
7 days ago
7 days ago
10 min
ANC vra vir nog ‘n kans
President Cyril Ramaphosa het by die ANC se manifesbekendstelling in Diepsloot erken dat die party sedert 1994 foute en swakhede gehad het, veral met dienslewering. Hy het egter ook vordering beklemtoon, insluitend dat die land nou 460 dae sonder beurtkrag is.
Ramaphosa het kiesers gevra om die ANC nog ’n kans te gee en gesê die party moet beoordeel word op sy bereidwilligheid om foute te erken, swakhede reg te stel en beter leiers aan te stel. Die manifes fokus op basiese dienste, werkskepping, veiligheid, munisipale finansies en aanspreeklikheid. Die party het nog nie finale burgemeesterskandidate vir die metro’s aangekondig nie.
Johannesburg bly die DA se beste kans om in November 2026 ’n groot metro te wen.
Die DA lei tans Johannesburg met 42% steun volgens die Julie 2026-peiling van die Social Research Foundation / The Common Sense. Die ANC het tot slegs 18% gedaal – een van sy swakste uitslae in ’n groot metro. MK en ActionSA saam (23%) is nou groter as die ANC.
Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat, beklemtoon dat die party nou die grootste is in Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni. Haar veldtog is aggressief en digitaal gedrewe. Die DA se span het selfs die ANC se manifesbekendstelling in Diepsloot bygewoon, wat die ANC as “politieke spioenasie” veroordeel het.
Grandi Theunissen van VF Plus loop oor na die DA
Grandi Theunissen, voormalige VF Plus-koukusleier in Tshwane, het op 25 Augustus 2026 na die DA oorgeloop. Hy is vroeër in Augustus as koukusleier verwyder weens klagtes oor ’n Groenkloof-ontwikkelingsprojek. Hy het reeds as VF Plus-lid en raadslid bedank en sluit nou by die DA aan ná ’n sterk verhouding met Cilliers Brink.
80% van Suid-Afrikaners sê gemeenskappe neem regering se take oor
Volgens ’n opname deur The Common Sense en die Social Research Foundation sê 80% van Suid-Afrikaners dat mense in hul gemeenskappe toenemend die regering se verantwoordelikhede oorneem omdat die staat faal. Slegs 19% stem nie saam nie.
Gemeenskappe pak self basiese dienste soos paaie, water, elektrisiteit en misdaadbekamping (privaatsekuriteit en forums) aan. Hierdie siening strek oor rasse- en partypolitieke grense heen.
Dit vorm deel van Suid-Afrika se voortgesette “enklaviasie”, waar die staat se rol in plaaslike gebiede al hoe swakker word – nie net in welvarende areas nie. Sonder ekonomiese groei kan die Unie van 1910 de facto verdwyn.
Aug 24, 2026
Aug 24, 2026
11 min
ANC oorweeg samesmelting van Gauteng se drie metro’s tot metropool
Die ANC oorweeg ’n samesmelting van Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni tot een politieke metropool volgens The Sunday Times. Nomvula Mokonyane sê die grense binne Gauteng is denkbeeldig en die drie metro’s vloei lankal ekonomies saam. Die voorstel sal eers ná die 4 November-verkiesing by die party se beleidskonferensie bespreek word. Dit kom te midde van peilings wat die ANC se steun in die metro’s tussen 20% en 38% plaas.
ANC-verkiesingsmanifes: Gee ons nog ’n kans, pleit Cyril
Netwerk 24 berig: Die ANC gaan uit Luthuli-huis in Johannesburg die vordering in munisipaliteite landwyd monitor en vra kiesers nederig om op 4 November vir hom te stem.
Dit was Sondag die belofte van pres. Cyril Ramaphosa, ANC-president, aan duisende ANC-ondersteuners tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in Diepsloot, Gauteng.
Pres. Cyril Ramaphosa het die manifes in Diepsloot bekendgestel en erkenning gegee vir mislukkings, maar ook vordering beklemtoon. Die party beloof om munisipale skuld aan Eskom en waterrade teen 2031 met 30% te sny en dat minstens 50% van munisipaliteite skoon oudits moet behaal.
Die ANC het 42 burgemeesterskandidate vir die agt metros aangekondig. Panyaza Lesufi sê die DA sal ná die verkiesing by die ANC moet aanklop vir hulp in Johannesburg. Analiste verwag dat die ANC in die meeste metro’s onder 40% sal sak en tot koalisies gedwing sal word.
Partye se kern boodskappe vir die verkiesing
ANC: “Masakhe – Laat ons bou” – sespunt-plan vir dienslewering, werk en veiligheid.
DA: Bekwame, skoon plaaslike regering.
MK Party: Bring mag terug na die mense.
VF Plus: “Dis óns tyd” – minderhede moet leiding neem.
Munisipale skuld krisis
Salga soek konsultante om ’n inkomstebestuurplan te ontwikkel. Munisipale verbruikers skuld staan op ongeveer R467 miljard. Munisipaliteite verloor jaarliks R25 miljard weens lekkasies, diefstal en swak metingstelsels. Johannesburg het begin om sy kragskuld te delg ná ministeriële ingryping.
Enklave as opsie
Tiaan Esterhuizen skryf dat Suid-Afrika se grootste uitdaging nie net infrastruktuur verval is nie, maar die ekonomiese afwaartse spiraal wat dit veroorsaak. Wanneer die staat faal, styg besigheid koste, sluit fabrieke en verloor dorpe koopkrag. AfriForum se plaaslike strukture sien hierdie patroon daagliks. Gemeenskappe wat hulleself organiseer, word al hoe belangriker om die vakuum te vul wat die staat laat.
Aug 21, 2026
Aug 21, 2026
11 min
Diesel-skandaal by Eskom
‘n AmaBhungane ondersoek toon dat Eskom herhaaldelik honderde miljoene betaal het vir diesel wat nooit afgelewer is nie, maar steeds as “ontvang” aangeteken is. In Januarie 2025 het 5 miljoen liter tydens beurtkrag “verdwyn”. Vooruitbetalings van R2,97 miljard in Februarie het misluk om Ankerlig van diesel te voorsien. Meer as ’n jaar later is 39 miljoen liter (R1 miljard) steeds uitstaande. Die kontrakte kan tot R21 miljard werd wees.
Nuwe elektrisiteitstariefbeleid vandag vir kommentaar gepubliseer (nog niks teen 12H00)
Suid-Afrika se hersiene Elektrisiteitprysbeleid word vandag in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar. Die beleid, goedgekeur deur die Kabinet, beoog om tariewe meer deursigtig en koste-reflektief te maak. Dit sluit ’n 10-jaar prysvoorspelling in, verhoog gratis basiese elektrisiteit vir behoeftige huishoudings van 50 kWh na 200–300 kWh, en verhoed dat Eskom en munisipaliteite oneffektiwiteitskoste aan verbruikers deurgegee.
14 000 km nuwe kraglyne nodig om R400 miljard se hernubare energie te ontsluit
Beleggings in geregistreerde hernubare energieprojekte in Suid-Afrika het R409 miljard bereik, volgens Nersa. Dit plaas groot druk op die regering om die transmissienetwerk dringend uit te brei. Sedert 2018 is duisende projekte goedgekeur, met sonkrag wat die meeste beleggings lok. Die Noord-Kaap, Mpumalanga en Gauteng lei in kapasiteit en beleggingswaarde.
Die grootste struikelblok bly egter die beperkte netwerkkapasiteit. Die regering beplan om 14 000 km nuwe transmissielyne oor die volgende dekade te bou teen ’n geraamde koste van R440 miljard. Sonder hierdie uitbreiding kan die gereedstaande groen energieprojekte nie ten volle by die nasionale netwerk aansluit nie.
President Cyril Ramaphosa se dryf om Eskom se transmissie-bates te herstruktureer, het ’n nuwe front oopgemaak in die ANC se lanklopende stryd oor staatsmag.
MK Party teiken Oos-Kaap om ANC tot 30% te druk
Die MG berig op hul voorblad dat MK Party speel ’n strategiese, langtermyn-spel om die ANC se geografiese en organisatoriese fondamente te ondermyn. Die Oos-Kaap is nie net ’n teiken vir stemme nie, maar ’n strategiese flankaanval om die ANC nasionaal tot onder 35% te druk. Die sukses hiervan hang grootliks af van of die ANC sy interne chaos vinnig kan oplos of nie.
March & March en AfriForum ontmoet
AfriForum en March & March het van week ontmoet. Kolonel Chris Wyatt se video verduidelik waarom AfriForum die vennootskap gekies het: Kallie Kriel gee binne-perspektief oor strategiese en operasionele redes by die AfriForum-hoofkwartier in Pretoria.
Aug 20, 2026
Aug 20, 2026
6 min
AfriForum en March and March se samewerking
Die groot nuus van die week is die ontmoeting tussen AfriForum en March and March. Kallie Kriel en Jacinta Ngobese-Zuma het in Pretoria vergader en ’n samewerkingsgroep gestig oor gemeenskapsveiligheid, misdaad, onwettige immigrasie, onderwys en die regstaat.
Die twee organisasies deel frustrasies oor staatsmislukking. Kallie Kriel verduidelik op RSG hoekom daar ontmoeting was. Voorstanders sien dit as praktiese gemeenskapsbou, terwyl kritici dit as polariserend of problematies beskou. Analiste meen March and March wil leer by AfriForum se model van selfdoen-gemeenskapswerk.
Energie en elektrisiteit
AfriForum noem Nersa se nuwe KPI-plan vir munisipale kragverspreiders futiel. Die probleem is nie ’n gebrek aan standaarde of bevoegdhede nie, maar die konsekwente afdwinging daarvan. In plaas van nog verslagdoening moet Nersa bestaande lisensievoorwaardes, tegniese standaarde en sy mag om lisensies op te skort of te herroep, aktief gebruik.
Eskom verloor na beraming R50 miljard per jaar omdat af-grid sonkrag nou sowat 20% van die land se geïnstalleerde kapasiteit verskaf. Rooftop-sonkrag nader 10 GW.
Intussen is daar ’n voorstel dat arm huishoudings tot 200–300 kWh gratis basiese elektrisiteit per maand kan kry (teen die huidige 50 kWh). Die regering sê dit kan binne bestaande fondse gedoen word deur beter administrasie.
Regering, munisipaliteite en beleid
Die Departement van Water en Sanitasie het in die eerste kwartaal slegs 4,6% van sy waterdienstebegroting bestee – ’n teken van swak dienslewering.
Die voormalige Knysna-burgemeester Aubrey Tsengwa is doodgeskiet.
Die hofsaak teen die Onteieningswet gaan voort, met AfriForum se regspan wat die argumente ontleed.
In die landbou skryf Theo de Jager van Saai dat boere nie almal dieselfde belange het nie. Verskille tussen organisasies soos AgriSA en Saai vloei uit botsende mandate oor transformasie, staatsbeheer en winsgewendheid. Eenheid is ’n hersenskim.
Die DA eis ’n volledige papierspoor oor die voorgestelde naamsveranderings van Lady Grey, Sterkspruit en Herschel in die Oos-Kaap.
Weer
Die binneland bly warm en droog. Saaiboere in die Swartland bid vir reën nadat twee swak jare en hoë insetkoste hulle hard getref het.
Aug 19, 2026
Aug 19, 2026
8 min
Samewerkingsgroep gestig
AfriForum en March and March het Dinsdag ’n gesamentlike werkgroep gestig ná ’n vergadering by AfriForum. Die gesprek, gelei deur Kallie Kriel (AfriForum) en Jacinta Ngobese-Zuma (March and March), was daarop gemik om gemeenskappe op voetsoolvlak te bevoordeel.
Die twee organisasies het gemeenskaplike uitdagings en belange bespreek, asook moontlike oplossings. Hulle het ooreengekom om saam te werk op terreine soos die organisering van gemeenskappe, kapasiteitsbou om sosio-ekonomiese omstandighede binne die wet te verbeter, die bevordering van moedertaalonderrig en toeganklike onderwys, asook vreedsame naasbestaan.
Verder sal hulle gesamentlik regsake van wedersydse belang ondersoek en mekaar ondersteun in die stryd teen misdaad, insluitend onwettige immigrasie, en die handhawing van die oppergesag van die reg.
Agtergrond en reaksies
Die ontmoeting volg kort nadat Ngobese-Zuma gesê het March and March wil by AfriForum leer oor belangebevordering, regstrategieë, befondsing en die bou van instellings. Sy het vroeër aangedui dat die beweging “’n AfriForum vir swart Suid-Afrikaners” wil word deur middel van die SA First Forum.
Ernst van Zyl van AfriForum het die ontwikkeling as positief bestempel en gesê dit is goed dat meer organisasies AfriForum se selfbestuursmodel wil navolg.
Ander verwante ontwikkelings
March and March-ondersteuners het buite die Kaapse streekhof gesing voor ’n uitspraak oor of voormalige Miss Universe Nigeria, Chidimma Adetshina, aangehou moet word hangende deportasie.
President Cyril Ramaphosa het intussen by die SAOG-beraad ’n beroep gedoen op streeksamewerking om die migrasiekrisis aan te pak en spyt uitgespreek oor hoe onwettige immigrante behandel is.
Skaakbord-politiek: Waarom almal nou met almal praat
Ayanda Mdluli argumenteer dat Suid-Afrikaanse politiek in 2026 ’n “King’s Gambit”-fase betree het: akteurs maak doelbewuste, riskante skuiwe en onwaarskynlike alliansies om posisionele voordeel voor die plaaslike verkiesings te kry. Dit word aangedryf deur staatsmislukking op immigrasie, ekonomie en dienslewering.
Voorbeelde sluit in Duduzane Zuma se herposisionering, Ramaphosa se SADC-verskoning, en March and March se samewerking met AfriForum. Mdluli waarsku dat taktiese leer by AfriForum verstaanbaar is, maar strategies riskant weens ideologiese teenstrydighede. Die kernvraag is of hierdie skuiwe bloot posisioneel of beginselvas is – en of die korttermynvoordeel die langtermynkoste aan geloofwaardigheid werd is.
Aug 18, 2026
Aug 18, 2026
6 min
March and March besoek AfriForum
AfriForum en March and March vergader. By AfriForum glo ons daarin om gesprekke met 'n verskeidenheid groepe te voer, goeie verstandhoudinge te bou en breë netwerke te ontwikkel. Deur met mekaar in gesprek te tree – ook waar ons perspektiewe verskil – skep ons geleenthede vir beter begrip en samewerking. Só werk ons doelgerig aan 'n beter hede én 'n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons gemeenskappe en nageslag.
Jacinta Ngobese-Zuma, leier van March and March het gesê hulle wil by AfriForum leer oor belangebevordering, regstrategieë, befondsing en die bou van instellings soos universiteite. Die aankondiging is gemaak tydens ’n betoging in Durban by die SAOG-beraad. Ngobese-Zuma het vroeër gesê March and March wil “’n AfriForum vir swart Suid-Afrikaners” word deur middel van hul nuwe SA First Forum, wat regshulp aan gewone burgers wil bied.
Ramaphosa vra SADC om saam migrasiekrisis aan te pak
President Cyril Ramaphosa het tydens die 46ste SADC-beraad in Durban van sy voorbereide toespraak afgewyk om medeleiers openlik oor Suid-Afrika se migrasiekrisis in te lig. Hy het lande bedank vir hul begrip en steun, en spyt uitgespreek oor die onlangse aanvalle op buitelanders en anti-immigrant-protes.
Malema se sigaretvennote roep taxibaas Msibi in om gesteelde voorraad terug te kry
Die Madlanga-kommissie het getuienis gelewer dat Carnilinx, Julius Malema se sigaretbegunstigers, die taxibaas Jothan “Mswazi” Msibi genader het om gesteelde sigarette terug te kry. WhatsApp-boodskappe wys hoe Kyle Phillips Msibi as “Papa Joe” bedank het nadat die voorraad herwin is. Malema het by Msibi se begrafnis gepraat
Mark Burke se toekoms by DA onseker ná Reserwebank-klagte
Die toekoms van Mark Burke, die DA se federale finansievoorsitter en finansiewoordvoerder, is onseker. ’n Maatskappy waarvan hy ’n beduidende aandeelhouer is, het in die moeilikheid beland by die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die maatskappy het ’n kripto-arbitrasieplatform bedryf waar kleinbeleggers hul buitelandse beleggingskwotas kon instuur. Die Reserwebank beweer die skema het wisselkoersbeheerregulasies oortree.
- ANC se selfbeoordeling: Apartheid is die probleem, nie ons nie
Die ANC het in ’n selfbeoordeling van sy 2021-plaaslike verkiesingsmanifes gesê apartheid is die hoofoorsaak van die meeste munisipale probleme. Die party beweer hy het ’n goeie werk gedoen om dienste te lewer, ten spyte van ’n erfenis van ruimtelike skeiding, ongelyke inkomstegrondslae en infrastruktuur wat net vir ’n rasse-minderheid ontwerp was. Die ANC sê hy moet nie op sy historiese rekord beoordeel word nie, maar op hoe ernstig hy sy uitdagings aanpak. Kritici sien dit as ’n poging om eie mislukkings en korrupsie oor 32 jaar af te skuif op die verlede.
Aug 17, 2026
Aug 17, 2026
7 min
AfriForum dien minagtingsklag in teen Malema
AfriForum het Vrydag ’n aansoek om minagting van die hof teen Julius Malema en die EFF by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie sê Malema het herhaaldelik die 2017-hofbevel oortree wat hom en die EFF verbied om onwettige grondbesetting aan te hits. AfriForum vra 18 maande tronkstraf vir Malema en ’n boete van R500 000 teen die EFF. Die saak word wyd as ’n toets vir die regstaat beskou.
Akademia-bouwerk ontlok sterk reaksie
Die private Afrikaanse universiteit Akademia se grootskaalse kampusontwikkeling in Pretoria-Oos bly in die kollig nadat Naledi Pandor dit skerp gekritiseer het.
Marthinus Visser skryf Vir die Afrikaanse gemeenskap is daar min instellings so belangrik soos dié waarin ons kinders en jongmense opgevoed en onderrig word – van die kleuterskool tot die universiteit. Daar word intuïtief verstaan dat hierdie instellings ’n diep invloed het op die ontwikkeling en vorming van ’n kind en later ʼn jongmens.
Voorstanders sien die projek as ’n praktiese voorbeeld van selfdoen, terwyl kritici dit as ’n vorm van isolasie beskou. ’n Foto van die bouwerk met verskeie hyskrane het sterk steun op sosiale media gekry.
Tshwane-koalisie op die rand van ineenstorting
Die ANC–ActionSA–EFF-koalisie in Tshwane is ernstig verdeeld, veral oor stadsbestuurder Johann Mettler en burgemeester Nasiphi Moya. Die ANC en EFF dreig om uit die koalisie te tree. Dit gebeur net drie maande voor die plaaslike verkiesing en verhoog die onsekerheid in die hoofstad.
Ramaphosa se SAOG-voorsitterskap begin in skadu van migrasiekrisis
March and March het by die SAOG-beraad in Durban betoog met die tema “It’s time to fetch your people”. President Cyril Ramaphosa het verskoning gevra vir geweld teen vreemdelinge, terwyl SA vinniger implementering van die vrye-bewegingsprotokol wil sien.
Swak munisipaliteite blokkeer presidensiële prioriteite
Die presidensie het erken dat swak munisipale prestasie die grootste struikelblok is om die prioriteite in president Cyril Ramaphosa se staatsredes uit te voer. Water, elektrisiteit, behuising en plaaslike ekonomiese ontwikkeling word direk geraak.
R1,8 miljard-brandtender aan onervare firma toegeken
’n Maatskappy met geen ervaring in die bestryding van veldbrande het die R1,8 miljard-tender vir die Working on Fire-program gekry. Jacob Maroga, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, is die voorsitter van Tefla, die suksesvolle bieër.
Aug 13, 2026
Aug 13, 2026
7 min
Akademia en Naledi Pandor se kritiek teen die bou van die kampus
Die sentrale draai om oudminister Naledi Pandor se skerp veroordeling van die private Afrikaanse universiteit Akademia. Op die African Renaissance-podsend (81 000 kyke in 2 dae) saam met Mbuyiseni Ndlozi het Pandor die R3,2 miljard-uitbreidingsprojek in Pretoria as ’n gevaar vir demokrasie bestempel berig News 24. Sy het gesê Suid-Afrikaners is “te selfvoldaan” oor hul vryheid en dat die staat moet optree om sulke inisiatiewe te keer.
Prof. Jonathan Jansen van Stellenbosch het vroeër in ’n rubriek gewaarsku dat Afrikaanse eksklusiewe private universiteite jong mense ideologies en rasse-matig isoleer. Pandor het hierdie standpunt ondersteun.
Krediet aan die bouer
Henk Schalekamp die besturende direkteur van Kanton wat die nuwe Akademia-kampus bou haal Theodore Roosevelt se bekende woorde aan: “Die krediet behoort nie aan die kritikus nie, maar aan die man in die arena – die een wat waag, sukkel en probeer, selfs al misluk hy.”
Reaksies uit die Afrikaanse gemeenskap
Flip Buys voorsitter die Solidariteit Beweging het kalm gereageer: “Hulle soek ’n weerligafleider vir hul eie mislukkings. Ons steur ons nie aan haar nie. Ons gaan volstoom voort.” Ernst van Zyl het dit as “paniek-politiek” bestempel en beklemtoon dat die toekoms aan die bouers behoort, nie aan diegene wat wil afbreek of hernoem nie.
Renaldo Gouws het in ’n video gewys hoe Pandor die private, selfbefondsde universiteit met apartheid en kolonialisme verbind – ’n stelling wat baie as ’n aanval op grondwetlike regte sien.
Die “bouers versus brekers”-ontleding
Die redaksionele artikel van The Common Sense gebruik Pandor se uitlating as ’n skerp illustrasie van waarom die ANC volgens hulle die land “verloor” het. Die skrywer kontrasteer die private, belastingvrye uitbreiding van Akademia (met 6 500 studente beplan) teen die ANC se 30-jarige rekord: ongeveer R20 triljoen bestee aan onderwys, swak internasionale resultate, korrupsie en slegs twee nuwe universiteite wat met tenderbedrog gepla is.
Die groter debat
Die groter debat gaan nie net oor een universiteit nie. Dit raak die reg tot private onderwys, taalregte, die grense van staatsinmenging en die kontras tussen private bouwerk en staatsmislukkings in onderwys. Pandor se standpunt het sterk polariserende reaksies ontlok, met ondersteuners van Akademia wat dit as ’n teken van ideologiese onverdraagsaamheid sien, terwyl kritici dit as noodsaaklike waaksaamheid teen eksklusiwiteit beskou.








