Friday May 03, 2024
Episode 258 - Bela is ‘poging tot kulturele etniese suiwering’
- Bela is ‘poging tot kulturele etniese suiwering’ “Dit sal die vernietiging van ’n taal- en kultuurgemeenskap se skole moontlik maak, om sodoende die groep se kulturele voorbestaan in gedrang te bring.” Berig Maroela Media
- Kallie Kriel @kalliekriel video: Die regering se berekende daad van aggressie teen Afrikaanse skole en ons kinders duur voort, nadat die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor onderwys gister die anti-Afrikaanse Bela-wetsontwerp goedgekeur het.Gee asb. aan @afriforum jou mandaat om namens jou teen die Bela-wet te veg by http://stopbela.co.za. Deel asb en stuur vir al jou vriende en familie aan.
- BELA – die doringtak wat die oortjies van die seekoei moet wegsteek
- Die Departement van Basiese Onderwys is vasbeslote om die BELA-onderwyswet deur te stoomroller. Volgens minister Angie Motshekga is haar departement al tien jaar besig daarmee en “kan hulle nie langer wag nie”.
- Sakeliga het ons kommentaar op die jongste konsepregulasies vir die Wet op Billike Indiensname ingedien. Ons sê daarin dat die regulasies – wat omvattende kwotas vir rasgebaseerde indiensname stel – onwerkbaar is en teruggetrek behoort te word.
- Maroela Media berig NGV: ‘Mediese instellings moet nou sáám in kryt klim’ “Dieselfde staat wat reeds die staatshospitale verwoes het, sal onder die NGV en die inwerkingstelling daarvan drakoniese magte oor die hele mediese sektor uitoefen.”
- Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery vir 'n meer as R1,6 miljoen beweerde omkoopgeld wat hy ontvang het, waarvan hy 'n deel gebruik het om 'n Jeep-voertuig te koop. Verskeie hooggeplaaste bronne na aan die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê die klagstaat waarin Kodwa se beweerde misdade uiteengesit word, word “verfyn” voordat Shamila Batohi, hoof van die NVG, die vervolging van die minister magtig berig MG
- Cyril Ramaphosa sê die ANC hou by sy interne prosesse om die voormalige partypresident Jacob Zuma te dissiplineer.
- Ten spyte daarvan dat Zuma effektief die ANC verlaat het, met sy aankondiging dat hy vir die uMkhonto weSizwe (MK) Party gaan stem en sy poging om op dié party se kandidatelys te bly, het hy in Desember gesê hy bly 'n lid van die ANC.
- Trap die ANC in Zuma en MK party se strik? Politieke ontleder dr Levy Ndou sê hy vermoed die ANC trap in die strik van oudpresident Jacob Zuma en die MK-party deur dissiplinêre stappe teen Zuma in te stel. Ndou verduidelik op die Newzroom Afrika video:
- Die Suid-Afrikaanse regering het die afgelope vyf jaar R283 miljard in ses staatsbeheerde maatskappye belê en het slegs R1 miljoen se dividende ontvang.
- Dit het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, tydens 'n parlementêre vraag-en-antwoordsessie onthul. Farhat Essack, DA-LP, het Gordhan gevra hoeveel SA Lugdiens, Eskom, Transnet, die SA Bosboumaatskappy, Alexkor en Denel oor vyf jaar aan reddingsboei ontvang het.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.