Thursday Oct 26, 2023
Bok koors tref SA
- Kerkplein se Oom Paul kom uit ter ondersteuning van Bokke danksy herlewingsprojek. Bok-ondersteunende lede van die Church Square Revival Project (CSRP) het bymekaargekom om die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein aan te trek met groen as 'n bewys van ondersteuning.
- Sewe van die bestes: Bokke laai bank met voorspelers | Maroela Media Daar is nie plek vir Manie Libbok in die Springbokke se wedstrydgroep vir Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks nie.
- Wêreldrugby kon glo geen bewyse vir rasklag teen Bongi vind Die sirkus is verby. Netwerk24 het by ’n onberispelike bron verneem dat Wêreldrugby geen duidelike klankbewyse kon vind om Bongi Mbonambi enigsins te verhoor nie. Die Springbok-haker sal dus nie vervolg word nie.
- Maroela Media berig: ‘Moet nooit die All Blacks afskryf,’ waarsku Le Roux Heelagter Willie le Roux erken dat die emosies die laaste twee weke “redelik hoog” in die Bokkamp geloop het nadat die Springbokke die kwart- sowel as die halfeindstryd met ’n enkele punt gewen het.
- September se jaarlikse produsenteprysindeks het vir 'n tweede opeenvolgende maand versnel tot 5,1% van 4,3% in Augustus. Dit was meer as wat ekonome verwag het.
- Terwyl uitvoerende beamptes en raadslede by die staatsondernemings Transnet en Eskom die afgelope weke bedank het, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, beskuldigings verwerp dat dit weens sy “politieke inmenging” is.
- ’n Verkiesingspeiling wat die afgelope weke gedoen is, het ’n skerp afname in steun vir die ANC voorspel, wat die regerende party op 45% plaas. Die Sosiale Navorsingstigting (SRF) peiling, wat in Oktober gedoen is, het die DA op 31% geplaas, die EFF op 9% en die IVP op 6%.
- ’n Watertenkwa-mafia buit Suid-Afrika se waterkrisis uit, waar vervalle infrastruktuur daartoe lei dat 50% van die water van grootmaatwaterverskaffers nooit die eindverbruiker bereik nie.
- Dit is onthul deur waterwetenskaplike professor Anthony Turton, wat aan eNCA gesê het dat watertekorte in dele van die land te wyte is aan institusionele mislukking en nie 'n gebrek aan water nie.
- Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp) word vandag voor die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. AfriForum sal by verskeie ander organisasies en partye aansluit om ons beswaar teen hierdie wetsontwerp met ’n protesaksie by die Parlement duidelik te maak en het voor die Parlement betoog.
- Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Donderdag gewaarsku teen uiters hoë brandgevaartoestande oor die westelike en sentrale binneland van die Noord-Kaap, westelike dele van die Vrystaat en Noordwes en dele van die Wes-Kaap.
- Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel temperature sal drasties daal van die naweek tot vroeg volgende week 'n Koue en nat naweek word in groot dele van die land verwag en sneeuval word in sommige provinsies voorspel, met die hoë temperature in baie gebiede wat voorspel word om drasties te daal tot koue toestande vanaf Vrydag.
No comments yet. Be the first to say something!