Friday Mar 17, 2023
Die ANC het ‘n gesplete persoonlikheid
- #NationalShutdown trent 1ste op Twitter in SA (10:00) asook die woorde SANTACO en Malema wat trent.
- Die smee van politieke alliansies in Suid-Afrika word kompleks namate ANC aktief met die EFF saamwerk om die Metro’s in Gauteng oor te neem. Op nasionale vlak is daar die #NationalShutdown wat daarop gemik is dat president Cyril Ramaphosa moet bedank. Die teenstrydige veldtogte skep onsekerheid onder ANC ondersteuners en verwar die publiek wat net ‘n stabiele en betroubare regering verlang.
- Indien die #NationalShutdown ‘n sukses is kan dit dien as katalisator vir ‘n interne paleisrevolusie in die ANC waar Ramaphosa vervang gaan word deur Paul Mashatile of selfs Panyaza Lesufi wat een van die argitekte is om die EFF te betrek in politieke samewerking.
- Putco sê dit sal nou Maandag funksioneer na versekering van die regering om die veiligheid van die publiek te verseker tydens #NationalShutdown
- Ontleders sien die EFF #NationalShutdown ook as proeflopie waar die EFF hul steun toets vir die 2024 verkiesing.
- Die Wes-Kaapse regering het Vrydag ’n beroep op buurtwagte en hul lede gedoen om op die uitkyk te wees vir plekke waar motorbande versamel word. In ’n kennisgewing wat deur adv. Han-marié Marshall van die departement van gemeenskapspolisie na buurtwagte gestuur is, sê Marshall dit is veral in die lig van die EFF se beplande #NationalShutdown-betogings Maandag berig Netwerk 24.
- John Steenhuisen, DA-leier, het voormalige adjunkpresident David Mabuza geïdentifiseer as die kabinetslid wat na bewering by korrupsie by Eskom betrokke was.
- Eskom se verhoging van 18,65% is in die parlement ter tafel gelê wat vir April-implementering moontlik maak.
- Die Grondwethof se uitspraak die week oor waterregte is ’n belangrike oorwinning vir houers van waterregte in Suid-Afrika. Só sê Agri SA en die Suid-Afrikaanse vereniging van watergebruikersverenigings (Saafwua) nadat die hof die appèl deur die departement van water en sanitasie met koste van die hand gewys het berig Landboucom.
No comments yet. Be the first to say something!