Tuesday Sep 12, 2023
Die Busiswe Mkhwebane sepie kos R160m.
- Busiswe Mkhwebane is uit sy amp onthef, ná 'n bitter en litigiese proses wat na raming belastingbetalers R160 miljoen gekos het – en LP's voer aan dat die afgesette Openbare Beskermer se Stalingrad-litigasieveldtog byna heeltemal hiervoor te blameer is berig News 24.
- Kategorie 1- staatsbegrafnis vir Buthelezi berig Maroela Media: Pres. Cyril Ramaphosa het intussen opdrag gegee dat vlae landwyd halfmas tot op die aand ná prins Mangosuthu Buthelezi se begrafnis hang.
- Die IVP het die redakteur van die City Press, Mondli Makhanya, uitgedaag om bewyse te verskaf dat die ontslape IVP-stigter Mangosuthu Buthelezi die moorde in 'n aantal townships in Gauteng en Kwazulu-Natal in die laat 80's en vroeë 90's goedgekeur het.
- Oudpresident Jacob Zuma se poging tot die ongeldigverklaring van sy private vervolging van sy opvolger, president Cyril Ramaphosa, is eenparig deur 'n volbank – met koste – van die hand gewys.
- ʼn Pas vrygestelde verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) toon hoe diepliggend medici se wantroue oor die NGV-planne is. Eerstens het gesondheidsorgwerkers aangedui dat hulle nou veel meer kennis oor die NGV dra, en daarmee saam het hulle afkeur van die NGV skerp tóégeneem. ʼn Oorweldigende 99% van die respondente is boonop diep bekommerd oor die regering se bevoegdheid om die NGV te kan administreer en bestuur.
- Beeld berig op sy voorblad: Loongeskil in Tshwane ‘nie net oor stad, maar ook toekoms van SA’ Die voortslepende loongeskil in die Tshwane-metro gaan volgens die burgemeester nie net oor die hoofstad nie, maar ook oor die toekoms van Suid-Afrika.Cilliers Brink, uitvoerende burgemeester, sê die metroraad sal ’n besluit dat hy verhogings aan stakende werkers moet betaal op hersiening na die arbeidshof neem.
- Landboucom berig: Didiza dien dringende aansoek in vir uitsetting van MP-boer ’n Dringende aansoek van Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, vir die uitsetting van Paul Grey en sy gesin van die plaas waarop hulle woon en werk, word volgende week aangehoor.
- Meer as 95% van alle plaasaanvalle en -moordinsidente steeds onopgelos noem AfrrForum uit ‘n verslag: Uit die 1 402 plaasaanvalle en -moordinsidente wat die afgelope vier jaar (vanaf 2019 tot 2022) deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangeteken is, is skuldigbevindings tot dusver in slegs 66 gevalle gemaak. Dit beteken dat meer as 95% van al dié gruweldade steeds onopgelos is.
- Skade van minstens R2 miljard is na raming aangerig weens die vernietiging van infrastruktuur, die afbrand van weiding en honderde stuks vee en wild wat vrek is weens die brande. “Ons skat minstens ’n miljoen hektaar is vernietig,” het dr. Kobus Roux, hoofbestuurder van die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging (NWSBV), gesê berig Netwerk 24.
- Pretoria FM 𝗦𝘂𝗶𝗱-𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮𝗻𝗲𝗿𝘀 𝘀𝗲 𝗵𝘂𝗺𝗼𝗿𝘀𝗶𝗻 𝘀𝘁𝗲𝗹 𝘄𝗲𝗲𝗿 𝗻𝗶𝗲 𝘁𝗲𝗹𝗲𝘂𝗿 𝗻𝗶𝗲: Talle sosiale media-gebruikers het dit duidelik gestel dat hulle nie van die Springbokke se alternatiewe truie hou nie. Die Springbokke het Sondagaand in dié truie teen Skotland in die Rugby Wêreldbeker gespeel.
No comments yet. Be the first to say something!