Wednesday Mar 05, 2025
Die DA kuier ook in Washington
- DA kuier ook in Washington
Times Live berig: Emma Powell, DA-LP en partywoordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, het onthul dat die party stilweg na Washington gereis het en met sleutelbesluitnemers in die Kongres, die staatsdepartement en die Withuis gesels het.
- Klagtes, ondersoek en besluit
Kosmos 94.1 berig Mchunu sê besluit oor verraadsaak sal geneem word
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê die verraadondersoek na AfriForum en Solidariteit oor die beweerde verspreiding van vals inligting word in ʼn ernstige lig beskou.
Die ondersoek volg na talle hoëvlakvergaderings in Washington tussen ʼn afvaardiging van die twee organisasies en amptenare van president Donald Trump se administrasie.
Die organisasies is gekant teen die land se Onteieningswet en vermeende bedreigings teen Afrikaners. Mchunu het aan die Parlement gesê die Nasionale Vervolgingsgesag sal ʼn besluit oor die saak neem.
- Niks fout met besoek volgens VF Plus
Netwerk 24 berig VF Plus: Niks fout met kla oor SA in buiteland – moet net nie lieg nie
Die VF Plus het vir AfriForum in die bres getree oor die aanklagte van verraad wat die Valke teen die organisasie moet ondersoek.
Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier, meen dit is eintlik die ANC wat in die beskuldigdebank hoort.
Die aanklagte van hoogverraad wat die Valke teen AfriForum ondersoek weens die “verspreiding van misleidende inligting” druis in teen gesonde regsbeginsels, sê hy. Hy het verwys na ANC-beleid en staatskaping wat die land groot skade berokken het.
Maroela Media berig: Hoogverraad-klagte teen AfriForum ‘ligsinnig’
“Dit is nie nou tyd vir ligsinnige politieke foefies wat net verdeeldheid aanblaas nie. Dit is nou die tyd vir koelkop en volwasse leierskap wat nie aan uiterstes toegee nie,” sê die DA.
- Toer na Europa
Times Live berig: Solidariteit gaan 'n maandelange toer deur Europa onderneem en wêreldmoondhede vra om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om sekere hervormings wette te heroorweeg.
Die organisasie sê die lande in die G20 wat hulle gaan besoek, sal gevra word om ’n rol te speel om die Suid-Afrikaanse regering aan te spoor om te heroorweeg wat hulle glo diskriminerende wette is. Die groep is saam met AfriForum tot later vandeesweek in die VSA.
No comments yet. Be the first to say something!