Tuesday Feb 14, 2023
Dit reën ramptoestande.
- Die regering het 'n nasionale ramptoestand verklaar in reaksie op wydverspreide oorstromings regoor die land.
- Daar is tans, steeds 5 sluise oop by Vaaldam maar die situasie word deurentyd gemonitor.
- Die nuwe minister van elektrisiteit sal daarop fokus om Eskom se kragstasies te verbeter, volgens Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.
- Solidariteit mediakonferensie video oor die krag ramptoestand is vandag gehou. Dirk Hermann se boodskap was: “Die regering is self die oorsaak van die elektrisiteistramp en kan homself nie as ramp verklaar en dan buitengewone magte kry om die ramp op te los nie. Die rampwetgewing is nie bedoel vir regeringsmislukkings nie”
- Solidariteit het tydens die mediakonferensie hofstukke in verband met sy litigasie teen die onlangse verklaring van ʼn ramptoestand oor die kragkrisis beteken.
- Miskien is die duidelikste aanduiding tot dusver dat die regerende African National Congress (ANC), spesifiek die presidentskap van Cyril Ramaphosa, desperaat aan strooihalms vasklou, is die afkondiging van 'n ramptoestand vir die elektrisiteitskrisis wys die CRA in ontleding uit.
- Met die Russiese oorlogskip die Admiraal Gorsjkof wat Dinsdag steeds in die Kaapstadse hawe vasgemeer is, het ’n Twitter-boodskap van Geordin Hill-Lewis, die metro se burgemeester, met die hutsmerk #VoetsekRussianWarship wyd kommentaar ontlok berig Netwerk 24.
- Die Umsobomvu plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap is met R10 miljoen beboet vir die mors van rou riool in die Karoodorp Noupoort.
- Lesufi vra vir strenger wapenwette ná AKA en Tibz se dood. AKA se dood was 'n sluipmoord, sê die polisie.
- Twintig mense is dood en meer as 60 ander is beseer toe 'n bus Maandagaand op die N1-hoofweg naby die HF Verwoerdtonnel in Limpopo met 'n kontant-in-transito (CIT) voertuig gebots het.
- SA sal waarskynlik in 2023 tegniese resessie ondervind, sê Absa.
- Bykans die helfte van SA verbruikers sê hul finansiële posisie het die afgelope jaar versleg.
No comments yet. Be the first to say something!