Friday Apr 05, 2024
Effekte verloor waarde: Beleggers raak skepties oor Suid-Afrika voor die verkiesing.
- Bloomberg berig: ’n Insinking in Suid-Afrikaanse dollareffekte het hulle vanjaar die grootste verloorders in ontwikkelende markte gemaak, wat kommer onder beleggers weerspieël dat ’n markonvriendelike koalisieregering uit volgende maand se verkiesings kan ontstaan.
- Houers van Suid-Afrika se Euro-effekte het 'n verlies van 4,4% gely, 'n slegter prestasie selfs as Senegal, waar uitgestelde verkiesings sentiment geskud het.
- Daarteenoor is die gemiddelde opbrengs vir ontluikende markte in Bloomberg se soewereine hardevaluta-indeks in 2024 'n positiewe 1%.
- Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei na die stembus in die moeilikste toets vir die regerende African National Congress sedert dit in 1994 aan bewind gekom het.
- Ontevredenheid oor jare van voortslepende kragonderbrekings en die party se rekord in die hantering van korrupsie kan die ANC se aandeel van die stemme tot onder 50% verminder, wat hom tot vennootskap met een of meer mededingers dwing om voort te gaan regeer.
- “Suid-Afrika se swakker prestasie vanjaar het te make met buitelanders se ongemak oor ons komende verkiesings en die potensiaal vir ’n ongunstige koalisie-uitslag,” sê Thalia Petousis, ’n Kaapstadse portefeuljebestuurder by Allan Gray.
- ‘n Voorstel dat Floyd Shivambu die minister van finansies moet word inruil vir EFF steun aan die ANC word wyd op sosiale media gekritiseer.
- Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, sê die party sal slegs tot 'n koalisieregering instem indien sy drie kardinale pilare aanvaar word wat behels: grondonteiening sonder vergoeding, gratis onderwys en die nasionalisering van myne.
- Nuusagenda video: #Verkiesing skep ekonomiese onsekerheid.
- Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, het party-ondersteuners aangemoedig om pakkies van plase in wit besit wat onder die Zululand-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal val, te “beset”.
- President Cyril Ramaphosa sal na verwagting hierdie naweek na Kigali Rwanda reis. Hy sal die dertigjarige herdenking van die Rwandese volksmoord bywoon waar baie Tutsi's vermoor is. Baie Afrika-staats- en regeringshoofde sal na verwagting die geleentheid ook bywoon.
- Maroela Media berig: Koue, nat naweek lê voor Suid-Afrikaners kan die naweek ʼn baadjie byderhand hou vir koue en wydverspreide reënbuie wat oor die hele land verwag word.
- Netwerk 24 berig: Stormweer die naweek vir Wes- en Oos-Kaap voorspeel ’n Sterk afsny-laagdrukstelsel word die naweek oor die Wes- en Oos-Kaap verwag en kan minstens tot Maandag vir swaar reën, sterk wind en koue weer sorg.
- Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 1-waarskuwing uitgereik vir wind en deinings wat seevaart van Vrydag tot Saterdag tussen Saldanhabaai en Kaap Agulhas kan bemoeilik.
- Adam Tas skryf: Ek het in 2018 laas een van my eie liedjies laat loskom uit die hok. Hier is Saai!!! Geniet hom. Deel hom met ń hartsmens of ses. Ps…. Vir die stadsjapies…. Die oumense het altyd gesê die reën kom as die skilpad berg-op loop, as die kallers begin hardloop, die rysmiere vlieg en die weerman ophou lieg. https://AdamTas.lnk.to/Saai
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.