Tuesday Feb 13, 2024
Episode 215 - Daar is ‘n Zuma op die ANC se stoep en hy steel stemme
- Netwerk 24 berig: Zuma se MK-party besig om ANC vinnig in KZN in te haal – peiling Die ANC se steun word op 27,3% gepeil, gevolg deur die IVP (22,1%), die DA (15,9%) en die EFF (4,7%). Gabriel Makin van die SRF sê by navraag die steun van die MK-party is “baie groter as wat ons verwag het”. Volgens hom lyk dit ingevolge die peiling asof die MK-party hoofsaaklik steun by die ANC wegrokkel.
- Maroela Media berig: KwaZulu-Natal: Zuma se MK-party kan ANC gas gee Die jongste syfers is genoeg “om enige ANC-strateeg aan die bewe te laat gaan” aangesien dit daarop dui dat die MK-party moontlik óf die grootste party in KwaZulu-Natal óf die amptelike opposisie in dié provinsie gaan word.
- Maroela Media berig Kommer oor gebruik van glifosaat in Vaalrivier om waterslaai te bekamp Rand Water het Maandag in ʼn plasing op Facebook sy voorneme om glifosaat in die Vaalrivier te gebruik bevestig.
- ‘n Video op Anthony Turton se Facebook wys dan hoe ‘n spuitvliegtuig waterslaai Dinsdag bespuit op die Vaalrivier.
- AfriForum staan aan die kant van wet en orde; bevraagteken selektiewe vervolging en dubbele standaarde in Groblersdal
- Na aanleiding van die gebeure op Groblersdal die afgelope paar weke, verwerp AfriForum die optrede van enige organisasie of individu wat chaos in die gemeenskap saai. AfriForum is egter terselfdertyd sterk gekant teen die duidelike dubbele standaarde en selektiewe vervolging wat tans hier plaasvind.
- Politieke partye, soos die ANC en EFF, poog om die gespanne situasie wat in Groblersdal heers, opportunisties uit te buit en te eskaleer in aanloop tot die 2024-verkiesing om goedkoop politieke myle daaruit te haal. Daar is ’n onmiskenbare poging om die gemeenskap te destabiliseer. AfriForum se veiligheidsverteenwoordigers in Groblersdal is in besit van beeldmateriaal van betogers wat in die openbaar alkohol verbruik, en van busse waarmee duisende betogers van buite die gemeenskap af aangery is. AfriForum-verteenwoordigers moes gister ’n situasie ontlont waar betogers beweer het hulle is opdrag gegee om spesifieke sakeondernemings te teiken.
- Vodacom is beveel om Please Call Me idee-man R29 miljard te betaal as minimum vergoeding volgens hofdokumente wat MyBroadband gesien het.
- Landboucom berig: Skroeiwarm twee weke kom: Plek-plek 45 °C voorspel
- ’n Koue front kan die komende naweek ligte reën en ’n afkoeling in temperature vir dele van Suid-Afrika bring, maar baie hoë temperature word die volgende twee weke verwag.
- Reënvalvooruitsigte vir die somerreëngebied lyk ongunstig tot in die laaste week van Februarie. Enkele buie kan in die laaste tien dae van Februarie oor die noordoostelike dele van die land voorkom, maar dit gaan beperk wees tot strepe en kolle. In die algemeen word neerslae van 20 mm of minder verwag.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.