Tuesday Feb 20, 2024

Episode 220 #Werkloosheid het sedert voor die 2019 verkiesing met 4% gestyg tot 41% volgens die breë definisie van Stats SA

  • Byna 8 miljoen mense is nou werkloos namate werkloosheidsyfer styg.
  • Netwerk 24 berig: Werkloosheid styg tot 32,1%, maar meer soek ook werk
  • Die syfers het werkloosheid tot 32,1% laat styg, van 31,9% in die derde kwartaal. Dis wel laer as die 32,7% in die vierde kwartaal van 2022.
  • Uitgebreide werkloosheid – die syfer wat ook ontmoedigde werksoekers tel wat nie op die oomblik aktief werk soek nie – het effens gedaal, van 41,2% tot 41,1%.
  • Op X wys Dawie Scholtz uit: Werkloosheid, nou vs voor die 2019-verkiesing: Noordwes 52% (+9), Oos-Kaap 47% (-), Limpopo 47% (+8), Mpumalanga 46% (+5), Vrystaat 44 % (+5), KZN 43% (+2), Noord-Kaap 43% (+4), Gauteng 38% (+4), Wes-Kaap 26% (+3), Suid-Afrika 41% (+4), Eenvoudig rampspoedig.
  • Maroela Media berig 3700 werkers se poste is in gedrang Amplats wil duisende in SA aflê Dit was glo die laaste uitweg nadat alle ander kostebesparingsinisiatiewe uitgeput is.
  • Transnet-krisis druk Kumba om 500 poste te sny berig Bloomberg.
  • Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, het gesê daar sal waarskynlik geen noemenswaardige belastingverhogings in die 2024 Februarie-begroting aangekondig word nie.
  • Hy het bygevoeg dat die politieke druk van 'n verkiesingsjaar beteken die regering sal huiwerig wees om op besteding te besnoei.
  • SA se swak ekonomiese groei en dalende belastingbasis bevraagteken die haalbaarheid van die gesondheidsdepartement se plan om R200 miljard se belasting in te samel om Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier, waarsku ’n verslag wat deur georganiseerde sakeondernemings in opdrag is.
  • Die totale aantal belastingbetalers wat deur die SA Inkomstediens aangeslaan is, het van byna 5,9 miljoen in 2018 tot 5,5 miljoen in 2021 gedaal, en net 9% van die bevolking het 40% van SA se totale belastinginkomste in 2020 betaal, toon die verslag deur raadpleging firma FTI Consulting.
  • Solidariteit hoop wysheid sal seëvier in die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede deurdat hy duidelik sal sê dat Suid-Afrika Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie naastenby kan bekostig nie. Ondanks politieke druk het die nasionale tesourie in die aanloop tot 2024 se begrotingsrede nog geen aanduiding gegee dat hy glo die NGV is hoegenaamd haalbaar nie.
  • ​Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Woensdag uitspraak lewer oor die geldigheid van die ANC se kaderontplooiingsprogram berig Netwerk 24.
  • 🥵 Hittegolftoestande wat lei tot aanhoudende hoë temperature wat die gemiddelde maksimums oorskry, word oor Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap verwag. Hierdie toestande sal na verwagting voortduur tot Vrydag (23/02/2024) volgens die Weerburo.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125