Wednesday Feb 28, 2024
Episode 225 - Bheki Cele leef soos ‘n koning in sy kantoor terwyl die res van die SAPD hoofkantoor krepeer.
- Solidariteit @solidariteit Die boonste vloer waar minister Cele se aangewese kantoor is, is nuut oorgedoen en met goeie tegnologiese sekuriteitstoestelle beveilig. Dít terwyl die res van die 24 vloere as onleefbaar beskou word.
- Solidariteit mediaverklaring: SAPD se nasionale hoofkantoor moet sluit nadat Solidariteit haglike toestande onthul Die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Pretoria is ongeskik vir menslike gebruik verklaar en moes gister inderhaas ontruim word.
- Die gebou moet tot verdere kennisgewing gesluit bly tensy ʼn inspeksie dit opnuut veilig verklaar.
- Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV) is gister saam met ʼn inspekteur van die Departement van Arbeid na die hoofkantoor by die sogenaamde Telkom Towers wat agt jaar gelede vir nagenoeg R900 miljoen deur die SAPD gekoop en glo opgeknap is.
- Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se hoofkwartier in Pretoria is gesluit weens 'n ventilasiestelselonderbreking wat veroorsaak het dat temperature in die gebou tot 39 °C gestyg het, volgens die SA Nasionale Verdedigingsunie (Sandu).
- Die vakbond het 'n klag by die Departement van Arbeid ingedien in verband met die "onaanvaarbare toestande" in die SSK-gebou.
- Weens onveilige en ongesonde werksomstandighede wat veroorsaak word deur wanfunksionele ventilasiestelsels, sluit hoofkwartiergebou in Pretoria tydelik.
- ’n Kennisgewing wat aan werknemers gesirkuleer is wat die hoofkwartiergebou gebruik, het lede aangeraai om hul pligte van die huis af tussen 26 Februarie en 11 Maart uit te voer. Hulle is aangesê om elke oggend by 'n WhatsApp-groep aan te sluit om hul gereedheid vir werk aan te meld.
- Dokumente wat aan die DA uitgelek is, wat wys hoe die ANC in streke munisipale bestuurders en ander senior munisipale amptenare tot verantwoording geroep het, het die party gemotiveer om sy stryd uit te brei om die ANC se kaderontplooiingsrekords na die streke te bekom.
- Netwerk 24 berig: Solidariteit verloor 1ste saak teen NGV oor ‘voortydige poste’ Die hofaansoek teen die nasionale departement van gesondheid oor die poste wat geskep en gevul is vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voordat die NGV-wetsontwerp goedgekeur is, is deur die hof afgewys.Regter David Unterhalter het die aansoek in die hooggeregshof in Pretoria sonder koste van die hand gewys.
- Landboucom berig: VN trek mat onder Limpopo se nywerheidsone uit Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram steun nie meer die Musina-Makhado- spesiale ekonomiese sone nie. Om die swaarnywerheidsone van R165 miljard wat die Limpopo- Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap tussen Makhado en Musina beoog te ondersteun, sal sy goeie naam skade doen, sê die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram (UNDP).
- Daar verskyn nie Donderdag en Vrydag ‘n Nuusagenda nie.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.