
Monday Mar 04, 2024
Episode 226 - Joshlin Smith soektog word politieke speelbal
- Maroela Media berig: Video: Cele vra ‘eenheid, minder politiek’ in soektog na Joslin Lede van die gemeenskap het die polisie daarvan beskuldig dat daar nie genoeg gedoen word om Joslin op te spoor nie.
- Maroela Media berig voorts: DA misbruik Joslin-saak vir politieke gewin, sê polisie Die polisie is nie beïndruk met ʼn plakkaat wat na bewering deur die DA versprei word nie.
- Klere-items wat na bewering met bloed bevlek is, is Saterdag in 'n oop stuk veld in Diazville, Saldanhabaai, ontdek. Die klere wat glo aan 'n jong meisie behoort, is gevind tydens die soektog na Joshlin Smith (6) wat op 19 Februarie vermis geraak het.
- Die SA Vloot is ontplooi om soekoperasies na die vermiste 6-jarige Joshlin Smith van Saldanhabaai te versterk, het Wes-Kaapse polisie gesê.
- Brigadier Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die vlootspanne – 'n plaaslike groep en 'n groep van die Stad Kaapstad – sal na verwagting Maandag na Saldanhabaai ontplooi word.
- Batebestuurders het weer gewaarsku dat as die ANC sy manifes-belofte uitvoer om aftree- en ander fondse te dwing om in staatsbeheerde ondernemings en regeringsgeleide infrastruktuurprojekte te belê, dit risiko vir spaarders kan verhoog en laer opbrengs tot gevolg kan hê.
- Die regerende party het vandeesweek sy 2024-verkiesingsmanifes-belofte verdedig om “finansiële instellings te betrek en te rig om 'n gedeelte van hul fondse in industrialisasie, infrastruktuurontwikkeling en die ekonomie te belê deur middel van voorgeskrewe bates” berig die Sunday Times.
- Dwaine van Vuuren wys op X: Hulle kom vir jou pensioene, jou eiendom en jou gesondheidsplanne. SA is letterlik "No Country for Old Men"
- Netwerk 24 berig: Die finale styging in brandstofpryse wat motoriste van Woensdag af moet absorbeer, is tussen R1,06 en R1,21 per liter. Die prys van alle grade petrol styg met die meeste, R1,21 per liter, wat 95-oktaan-petrol in Gauteng op R24,45 per liter te staan bring en aan die kus op R23,73 per liter.
- AfriForum- en Tshwane-munisipaliteit-ooreenkoms lui nuwe era van gemeenskapsfederalisme in ’n Nuwe era van gemeenskapsfederalisme is vandag ingelui met die ondertekening van ’n unieke vyfjaarmemorandum van verstandhouding. Dié memorandum, wat vandag in ’n openbare park in Valhalla, Centurion, onderteken is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, moedig nou op ’n amptelike wyse wedersydse steun en gemeenskapsbetrokkenheid in die aanpak van uiteenlopende ooreengekome projekte in dié hoofstad aan.
- Landboucom berig: Ramaphosa se Ankole-koei teen R1,8 m op Phala-Phala verkoop Hoewel die meeste kopers gister by ’n veiling van Ankoles en Borane van pres. Cyril Ramaphosa se Ntaba Nyoni-stoetery Suid-Afrikaners was, was dit Collen Tafireyi van Sinyo Boran & Ankole in Zimbabwe wat die hoogste prys, naamlik R1,8 miljoen, vir ’n dier betaal het.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.