Tuesday Mar 05, 2024

Episode 227 - Grondgryp in Bloemfontein

  • Netwerk 24 berig: Nagtelike drama: Inwoners brand bande om grondgrypers uit te hou Inwoners wat weerskante van die Jagersfontein-pad net buite Bloemfontein bly, het Maandagaand motorbande aan die brand gesteek en by die ingange van woonbuurte geplaas om grondbesetters uit te hou.
  • Sowat 1 300 onwettige grondbesetters het reeds informele sinkplaathuise in die gebied opgeslaan.
  • AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte is sedert Saterdagoggend op 'n hoë gereedheidsvlak ná honderde grondgrypers op 'n stuk munisipale grond buite Bloemfontein toegesak en sinkhuise begin oprig het. Die AfriForum-buurtwagte monitor die situasie en staan gereed om die omliggende woonbuurte te beveilig sou die situasie opvlam. 'n AfriForum-hommeltuig word ook gebruik om die verwikkelinge te monitor.
  • Lanboucom berig: Mielietekort dreig in Suider-Afrika’n Tekort aan mielies – veral witmielies vir menslike gebruik – dreig in Suider-Afrika weens die wydverspreide droogte wat heers.
  • Zambië, die naasgrootste mielieproduserende land in Suider-Afrika, het pas ’n ramptoestand weens droogte afgekondig. Dit gaan groter druk op Suid-Afrika plaas om sy buurlande van mielies te voorsien. Dít terwyl Suid-Afrika se eie vooruitsigte nie rooskleurig lyk nie.
  • Vooruitsig vir reën die volgende 10 dae nie belowend nie.  Nuusagenda video: Droogte tans in SA maak sake uitdagend vir boere. Kospryse kan ook begin styg met mielies wat verhandel bokant R5000 per ton.
  • Netwerk 24 berig: Dis hittete, maar SA is nié in ’n resessie nie Suid-Afrika het ’n resessie hittete vrygespring, met groei van slegs 0,1% in die vierde kwartaal van 2023.
  • Vir die volle 2023 het die bruto binnelandse produk (BBP) met 0,6% gegroei, wat in pas is met die verwagting van onder meer die Reserwebank en tesourie.
  • Die jongste PwC CEO Survey in Africa-verslag het inflasie en makro-ekonomiese wisselvalligheid in Afrika suid van die Sahara as die twee grootste bedreigings vir besighede in 2024 geïdentifiseer.
  • Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir finansies, sê die provinsie het finansiële instellings genader om die nodige geld te leen wat nodig is om die e-tolskuld te delg.
  • Met die voorlegging van die Gautengse begroting op Dinsdag (5 Maart), het Mamabolo die belofte van die provinsie se premier Panyaza Lesufi herhaal dat die omstrede tolskema vanaf 31 Maart 2024 gesluit sal word.
  • Maroela Media berig: AfriForum, Tshwane-metro onderteken samewerkingsooreenkoms “Georganiseerde gemeenskappe wat na die belange van hul eie gemeenskappe omsien, skep ’n nuwe realiteit waarbinne ’n selfdoenkultuur nie net aangemoedig word nie, maar ook kan floreer.”

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125