Friday Mar 15, 2024

Episode 235 - Die internet aan en af

  • Internetprobleme tref SA berig Maroela Media: Duisende Suid-Afrikaners sukkel om toegang tot die internet te kry of bepaalde aanlyn dienste te gebruik nadat ondersese internetkabels Donderdag probleme begin gee het.
  • Vier van die nege ondersese kabels wat Suid-Afrika met die wêreld verbind, is tans beskadig, aangesien voorvalle aan twee verskillende kante van die vasteland gelei het tot wydverspreide internetonderbrekings in Suid-Afrika op 14 Maart.
  • Netwerk 24 berig: Microsoft: ‘Meeste dienste werk nou goed’ Microsoft sê in sy jongste verklaring herstelwerk vorder goed aan veselkabels waardeur data na en van die Afrika-streek gestuur word.
  • Covid-19-toelae vir maatskaplike verligting van nood (SRD) verhoog na R370
  • Netwerk 24 berig: Malema: Grond sal onteien word deur die Grondwet, nie die weermag Daar sal plek wees vir die private sektor in ’n EFF-regering, maar strategiese sektore soos vir die verskaffing van water en elektrisiteit sal in staatsbesit wees, sê Julius Malema, EFF-leier.
  • Malema het Donderdag tydens ’n interaksie met beleggers by Rand Merchant Bank (RMB) in Johannesburg gesê die private sektor is nie die EFF se vyand nie, maar het dit benadruk dat die EFF nie bes sal gee oor strategiese sektore nie.
  • Joburg-waterkrisis - Dag 13: Water behoort teen Vrydagmiddag terug te wees in Randburg.
  • In die lig van die huidige waterkrisis in Johannsesburg, het AfriForum se Johannesburg-Noord-tak op 7 Maart ’n ooreenkoms met Aqua Earth Consulting aangegaan om drinkwater gratis aan die gemeenskap te verskaf. Inwoners van sekere dele van Johannesburg se krane is nou al bykans twee weke leeg nadat daar kragprobleme by die Eikenhof-waterpompstasie ondervind is.
  • Suid-Afrikaanse elektrisiteitsgebruikers sal volgende maand in April 'n styging van 12,7% in pryse sien - maar Eskom sê hy is nog nie klaar met sy 'kostereflekterende' prysstrategie nie.
  • Moedertaalonderrig is deurslaggewend vir die wese van Suid-Afrika se demokrasie, meen pres. Cyril Ramaphosa berig Netwerk 24.
  • AfriForum het in reaksie op president Cyril Ramaphosa se voorspraak vir moedertaalonderrig verklaar dat dit lippediens sal bly solank die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die sogenaamde BELA-wetsontwerp) nie geskrap word nie.
  • Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het gesê hy wag vir meer duidelikheid van SA Rugby oor hul aandeletransaksie met die Ackerleys Sports Group (ASG) en CVC Capital.
  • Maroela Media berig Etzebeth: Om Boktrui te dra is oorgenoeg motivering “My pa sou ʼn baie trotse man gewees het. Ek wens dat hy vanaand se regstreekse vertoning kon bywoon, maar ek weet dat hy dinge van daar bo dophou,” het Eben Etzebeth gesê. Hy is aangewys as SARU se rugbyspeler van die jaar.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125