Tuesday Mar 26, 2024

Episode 240 - ANC skiet homself in die voet met MK saak

  • ANC-aansoek om MK Party te deregistreer van die hand gewys. Die regerende party het die Verkiesingshof gevra om die nuwe party te deregistreer.
  • MK mág aan verkiesing deelneem – kieshof berig Maroela Media: Die kieshof het in ʼn sitting van die hooggeregshof in Johannesburg Dinsdag eenparig die ANC se aansoek, om die MK-party se registrasie as onwettig te verklaar, van die hand gewys.
  • Speaker moet uitgelos word tot 2 April berig Maroela Media: Mapisa-Nqakula nie nou in hegtenis geneem ʼn Beëdigde verklaring wat deur adv. Bheki Manyathi, adjunkdirekteur van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, ingedien is, het intussen meer lig gewerp op die beweerde betalings wat aan Mapisa-Nqakula gemaak is.
  • Lechesa Tsenoli, waarnemende speaker van die Nasionale Vergadering, stem toe tot DA se versoek vir ’n wantrouemosie teen speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Mapisa-Nqakula word daarvan aangekla dat sy meer as R2 miljoen se omkoopgeld ontvang het tydens haar tyd as minister van verdediging.
  • Beeld berig: Kommentaar: Mapisa-Nqakula moet nou dadelik die trekpas kry
  • Enige ander optrede van die ANC-koukus in die parlement as om onmiddellik ’n mosie vir die verwydering van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as speaker te help deurvoer, sou net sy voortgesette goedkeuring van korrupsie bevestig.
  • Te midde van ’n korrupsiesaak wat oor haar kop hang, sê Mapisa-Nqakula sy sal haar volle samewerking in die ondersoek gee. Tog beskuldig sy die Nasionale Vervolgingsgesag daarvan dat hy haar polities teiken met apartheidstaktiek. Ook verwag sy spesiale behandeling met haar hofsaak om nie, soos enige ander misdaadverdagte, in hegtenis geneem te word nie.
  • Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, sal aanbly as die uitvoerende burgemeester om “af te handel wat ons begin het”, in plaas daarvan om ’n LP te word, het hy Dinsdag op X aangekondig.
  • AfriForum @afriforum.@AfriForum en Rand Water – die grootste waterverskaffer in Afrika – is vandag in die hof nadat Rand Water watervoorsiening na verskeie munisipaliteite verminder het. Inwoners mag nie gestraf word vir munisipaliteite se laksheid nie.
  • Nadat 'n hofbevel verkry is wat Eskom verplig om inligting oor sy bestaande steenkool- en dieselkontrakte bekend te maak, sê burgerregte-organisasie AfriForum hy stel 'n span regs- en bedryfskenners aan om hierdie kontrakte te ondersoek. Eskom het aangedui hy gaan versoek om te appelleer teen uitspraak.
  • Kallie Kriel @kalliekriel skryf: AfriForum het vandag, 26 Maart, presies 18 jaar gelede sy eerste lewenslig gesien met hierdie artikel in Rapport. Ek is dankbaar dat ek die voorreg gehad het om vanaf @afriforum se stigting deel te kon wees van die organisasie se opwindende groeipad en veral die menigte suksesse wat in dié tyd behaal is. Ons was aan die begin net 3 personeel, met nul lede en min hulpbronne. Vandag is ons trots daarop dat AfriForum met die genade van BO en harde werk kon groei tot ‘n organisasie met 315 000+ lede, 172 buurtwagte, 165 takke, 10 000+ vrywilligers en 182 personeel.
  • Ek is veral trots dat ons nou op ‘n groot skaal ‘n rol kan speel om in talle plaaslike gemeenskappe met ‘n “ons sal self”-benadering te bou aan ‘n toekoms vir ons, ons gemeenskappe en nageslag. Groot dank aan AfriForum se lede wat dit moontlik maak.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125