Wednesday Mar 27, 2024

Episode 241- ANC vs MK. Hofsaak 2. Die stryd om spies, logo en handelsmerk

  • Netwerk 24 berig: ANC pak MK weer hof; die slag oor handelsnaam, logo Die ANC pak oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSiswe (MK)-party weer in die hof, dié keer oor die MK-party se handelsnaam en logo.
  • Die ANC meen die MK-party pleeg handelsnaamskending deur die naam en logo, iets wat glo eie aan die ANC is, te gebruik. Die saak word in die hooggeregshof in Durban aangehoor.
  • Die posisie van die spies in Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK) Party-logo, in vergelyking met die ANC se bevrydingsvleuel, MK, is genoeg om te wys hulle is nie dieselfde nie.
  • Dit is een van die verweer wat die MK Party Woensdag in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Durban gaan gebruik, wanneer die ANC sal aanvoer die MK Party het die MK-logo “gesteel”.
  • In die logo-dispuut het die MK Party aangevoer sy logo is "baie anders" as die uMkhonto weSizwe-handelsmerk.
  • Nuusagenda video: #MK logo saak. MK noem hul spies is net heup hoogte.
  • Maroela Media berig: MK mág aan verkiesing deelneem – kieshof Die kieshof het in ʼn sitting van die hooggeregshof in Johannesburg Dinsdag eenparig die ANC se aansoek, om die MK-party se registrasie as onwettig te verklaar, van die hand gewys.
  • Nuusagenda video: #ANC skiet homself in die voet met MK saak
  • Mosie van wantroue in speaker oorweeg berig MM. Die DA sê daar is geen rede waarom ʼn spesiale sitting van die parlement nie al volgende week belê kan word om die mosie teen Mapisa-Nqakula te oorweeg nie, gegewe die feit dat die huidige parlement binne maande ontbind.
  • Die Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette is in die Nasionale Vergadering aanvaar, wat 'n seldsame ooreenkoms tussen die ANC en DA te midde van wydverspreide opposisie aandui. Dit het vinnig in net vier maande gevorder, maar het kritiek in die gesig gestaar vir sy breë definisies van nasionale veiligheid en die uitgebreide magte wat dit aan staatsveiligheidsamptenare verleen.
  • Charné Mostert video Omstrede intelligensiewetsontwerp vinnig deur LP's goedgekeur...
  • Rand Water: Waterbesnoeiings dalk iets van die verlede Die hof het bevind dat Rand Water se waterbesnoeiings op sigwaarde onregmatig was en bepaal dat AfriForum die hof in die toekoms weer op ’n dringende basis vir ’n interdik moet nader indien hy bewus word van enige soortgelyke waterbesnoeiings deur Rand Water.
  • Suid-Afrika se sentrale bank gaan rentekoerse vir 'n vyfde agtereenvolgende keer onveranderd hou en 'n vertraagde begin van 'n verwagte verlagingssiklus aandui, met inflasierisiko's wat steeds opwaarts beweeg.
  • “Slaughtering of white people”-saak: MRK kry groen lig om saak te argumenteer dat Malema nie skuldig is aan haatspraak nie Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se aansoek om verlof tot appèl rakende ’n hofuitspraak téén die kommissie oor uitlatings wat die EFF se Julius Malema tydens ’n byeenkoms in 2016 gemaak het, is vandag in die Gautengse Hooggeregshof toegestaan.
  • Shaun Christie se interne verhoor by die NWU duur vandag voort.@afriforumjeug vertrou dat die onafhanklike paneel die proses met deursigtigheid sal hanteer en verwag 'n positiewe uitspraak. Beide partye het nog bewyse om te lewer en getuies om te roep en dit is op hierdie stadium onduidelik wanneer die saak afgehandel sal word.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125