Wednesday Apr 10, 2024

Episode 248 Zuma verower ANC stemme

  • Zuma weer verkiesbaar berig Maroela Media: Die kieshof het Dinsdag beslis dat oudpres. Jacob Zuma, wat nou lid is van die uMkhonto we Sizwe- (MK-)party, verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesings.
  • Volgens 'n meningspeiling wat ses weke voor die algemene verkiesing gedoen is, gaan die ANC 20% van sy steun verloor.
  • Die Sosiale Navorsingstigting (SRF) het in April 1 835 geregistreerde kiesers gepeil en bevind dat steun vir die ANC tot 37% gedaal het.
  • Die afname in ANC-steun blyk die uMkhonto weSizwe Party (MKP) te bevoordeel, wat groei getoon het wat dit moontlik die derde grootste party in die land kan maak.
  • MKP het 13% gepeil, voor die EFF, wat slegs geringe groei tot 11% getoon het. Die EFF het 10,8% van die stemme in die 2019 algemene verkiesing gekry.
  • Dit is duidelik die ANC verloor steun aan MK.
  • Maroela Media berig: Mpumalanga-munisipaliteit met miljoene beboet vir besoedeling
  • Die Bethal-landdroshof het die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga ʼn boete van R200 miljoen rand opgelê vir die oortreding van omgewingswetgewing.
  • Die Nasionale Departement van Vervoer, die Gautengse provinsiale regering en padagentskap SANRAL maak groot ophef oor die omstrede e-tolstelsel wat van Donderdag (11 April) finaal geskrap word – maar motoriste is nie kwytgeskeld vir hul skuld nie.
  • Dit is volgens Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, wat gesê het dat, soos die wet geld, enigiemand wat gefaktureer is vir die gebruik van die paaie terwyl hulle tolpaaie was – tot middernag Woensdag – steeds verplig is om op te betaal.
  • Nuwe bestuurslisensiekaarte vir Suid-Afrika kom einde April volgens minister
  • Roofroetes: AfriForum gryp in by spykerlokvalle Die burgerregteorganisasie AfriForum het aangekondig dat sy buurtwagte in en om Pretoria hul verbintenis gee tot die bekamping van die ernstige toename in spykerlokvalle (spikings) wat tans op verskeie hoofroetes aan veral die buitewyke van die stad aangeteken word. Dié burgerlike ingryping vorm deel van AfriForum se breër veldtog om die misdadige bloedvergieting wat opportunistiese misdadigers en moontlik selfs ook georganiseerde groepe uitvoer deur middel van veral spyker- en kliplokvalle, hok te slaan.
  • Netwerk 24 berig: Bela ‘onwenslik en onuitvoerbaar’ weens krimpende begroting – AfriForum Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) is weens Suid-Afrika se krimpende basiese onderwysbegroting “onwenslik en onuitvoerbaar”, sê AfriForum.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125