Monday Apr 22, 2024
Episode 250 - ‘Ons is hier om te bly,’ verklaar Afrikaners
- 'Kyk eerder na die doenprofete as die doemprofete as jy iets gedoen wil kry...' - Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, by die ondertekening van die Afrikaner Verklaring, 22 April 2024.
- Netwerk 24 berig: ‘Ons is hier om te bly,’ verklaar Afrikaners ʼn Verklaring wat gesamentlik uitgereik is deur ʼn leiersnetwerk van verskeie Afrikaner-organisasies, -netwerke en -individue op die vooraand van 30 jaar sedert bedelingsverandering in Suid-Afrika – die eerste gesamentlike verklaring vanuit Afrikanergeledere sedert 1994.
- “Ons is ʼn inheemse kultuurgemeenskap verbind aan Afrika. Ons wil hier bly, en tot die welstand van die land en al sy mense bydra.”
- Met dié twee stellings word die Afrikanerverklaring ingelui – ʼn verklaring wat gesamentlik uitgereik is deur ʼn leiersnetwerk van verskeie Afrikaner-organisasies, -netwerke en -individue op die vooraand van 30 jaar sedert bedelingsverandering in Suid-Afrika.
- Flip Buys skryf: Ons stel hierdie Verklaring amptelik bekend. Dis die eerste keer sedert 1994 dat Afrikaners oor so wye spektrum ‘n gesamentlike standpunt stel. Ons stel dit duidelik dat ons nie van plan is om te berus by die verval in die land en die ANC se vyandige en hopelose regering nie. Ons spel ons doelwitte vir die toekoms uit, en sê ‘ons sal self’, maar is bereid om saam te werk as ons regmatige strewes respekteer word. Meer inligting volg die komende week.
- Forum Nuus berig: ’n Padkaart vir die voortbestaan van Afrikaners aan die suidpunt van Afrika word in dié verklaring uitgestippel. Drie hoofdoelwitte is uiteengesit om die ruggraat van die pad vorentoe te vorm. Die eerste hiervan is dat daar gevra word dat alle Suid-Afrikaners moet kennis neem van die gesindheid en goeie trou van Afrikaners. Tweedens is die hoop om met soveel moontlik ander Afrikaner-organisasies saam te werk en derdens om ’n kultuurverdrag met die regering te sluit wat tot voordeel van die land en al sy mense sal wees.
- Maroela Media video: Afrikaner Verklaring - Regstreekse uitsending
- Die bekendstelling van die gesamentlike Afrikaner Verklaring. Besoek afrikanerverklaring.co.za vir meer inligting.
- Netwerk 24 berig: Afrikaner-pakt ‘nie nodig’, sê presidensie
- Die netwerk van Afrikanerorganisasies wat onder meer ’n kulturele verdrag met die regering wil beding, sal tot ná vanjaar se verkiesing wag voordat hy met die owerhede probeer onderhandel.
- Dié organisasies het die naweek ’n Afrikaner-verklaring bekend gemaak waarin hulle sê Afrikaners is hier om te bly en wil hulle beywer vir vooruitgang in Suid-Afrika en Afrika. Om dit te doen, is ’n kultuurverdrag met die regering nodig wat kulturele vryheid waarborg. Die Solidariteit Beweging, AfriForum, Akademia en die Afrikanerbond tel onder die organisasies wat die Verklaring steun.
- Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Durban het die ANC se aansoek teen die uMkhonto weSizwe (MK) Party oor sy logo met koste van die hand gewys.
- Nuusagenda video: #OscarPistoruis afgeneem deur Netwerk 24 fotograaf.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.