Tuesday Apr 30, 2024

Episode 256 - BHP Billiton se voorgestelde oorname van Anglo American nie mosie van wantroue in SA volgens die presidensie.

  • Business Live berig: Die presidensie het driftig uitgekom in die hoop om spekulasie uit die weg te ruim dat BHP Billiton se voorgestelde oorname van Anglo American, Suid-Afrikaanse bates uitgesluit, onwilligheid toon om in die land te belê weens die ANC-regering se ekonomiese beleid.
  • "Sommige ontleders en afdelings van die media het probeer om hierdie markaktiwiteit as 'n mosie van wantroue teen Suid-Afrika uit te beeld," het die presidensiewoordvoerder, Vincent Magwenya, in 'n media-inligtingsessie op 29 April gesê.
  • "Die presidensie verwerp die idee dat 'n kommersiële benadering deur BHP Billiton gelyk is aan 'n vyandige omgewing vir beleggers," het hy bygevoeg.
  • Maroela Media berig: Geen outomatiese spesiale stem vir dié ouer as 60 Daar steek geen waarheid in daardie WhatsApp-boodskap wat die ronde doen nie.
  • Netwerk 24 berig: Regering se veiligheidsplan vir verkiesing gereed, meen kenners Dit blyk die regering se veiligheidsplan vir die komende verkiesing is gereed en dat hy ’n herhaling van die Julie 2021-onluste wil voorkom, sê veiligheidskenners. Dr. Jakkie Cilliers, stigter en voormalige uitvoerende direkteur van die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria, sê die regering is dié keer vasbeslote dat geweld nie weer op so 'n skaal soos in 2021 sal uitbreek nie.
  • Nuuspod video: berig Senior ANC-lede gebruik kerk om die party bankrot te steel.  
  • Rasregulasies teenstrydig met Solidariteit-skikking én Grondwet wys Solidariteit uit: Die regering se konsepregulasies oor sektorale numeriese rasteikens verontagsaam die skikking wat verlede jaar met Solidariteit bereik is. In kommentaar oor die regulasies wat deur Solidariteit ingedien is, word daar duidelik uiteengesit hoe dit teenstrydig is met internasionale reg oor diskriminasie in die werkplek.
  • Landboucom berig: Sluiting van Lesotho-Hoogland-tonnel: Genoeg water vir wettige besproeiers Die tydelike sluiting later vanjaar van ’n tonnel wat water van Lesotho na Suid-Afrika bring, behoort nie ’n beduidende uitwerking op dorpe en besproeiingsboere in die Vrystaat hê nie, sê dr. Sean Phillips, direkteur-generaal van water en sanitasie.
  • Die tonnelstelsel, wat van 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart aanstaande jaar vir instandhouding gesluit gaan word, behels ’n oordragtonnel wat die Katsedam met die Muela-kragstasie en die Mueladam verbind, asook ’n leweringstonnel wat die Mueladam met die Asrivier-uitloopwerke tussen Clarens en Bethehem verbind, het Phillips op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.
  • Die prys van petrol gaan met sowat 37 sent per liter styg vanaf Woensdag, 1 Mei. Die prysverhoging sal vanaf Dinsdag middernag in werking tree.
  • Maroela Media berig: Wes-Kaap verwerp eenparig Bela-wetsontwerp “Alhoewel die NRP dit goedgedink het om geringe wysigings aan die wetsontwerp te maak, is die komitee van mening dat Bela steeds ʼn ernstige gevaar inhou vir die regte van ouers, onderwysers en leerders.”

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125