Monday May 06, 2024
Episode 259 - Zuma tugverhoor boemerang op ANC.
- Zuma wil opdaag vir tugverhoor berig Maroela Media. “Tensy hy anders aangeraai word, sal pres. Zuma voldoen aan die kennisgewing wat die nasionale dissiplinêre komitee aan hom uitgereik het en sal hy op Dinsdag 7 Mei om 10:00 by Luthuli-huis aanmeld.”
- Die ANC-leierskap het sy nasionale dissiplinêre komitee (NDC) opdrag gegee om nie voort te gaan met ’n virtuele dissiplinêre verhoor van oudpresident Jacob Zuma nie.
- Die hoogs verwagte dissiplinêre verhoor van voormalige ANC-president Jacob Zuma is Sondag tot ná die verkiesing uitgestel te midde van vrese in Luthuli-huis dat dit gewelddadige botsings kan veroorsaak.
- As die party se nasionale dissiplinêre komitee (NDC) teen Zuma bevind, sal hy die mees prominente ANC-lid en die eerste voormalige leier ooit wees wat geskors is.
- Zuma is van wangedrag aangekla omdat hy in die openbaar gesê het dat hy van plan is om vir die mededingende MK Party te stem. Ander aanklagte teen hom sluit in dat hy sy ondersteuners versoek het om die ANC in die verkiesing aan die einde van die maand te verdryf en om op die MK Party se lys van parlementêre kandidate te verskyn.
- Die wêreld-energiereus Shell – wat al meer as 120 jaar in Suid-Afrika bedrywig is – staan op die punt om die land te verlaat te midde van 'n hewige sake-uitval met sy jarelange SEB-vennoot Thebe Investment Corporation, het bronne aan City Press gesê. Bronne in Shell sê dat Shell SA se leierskap beplan om personeel en ander belanghebbendes in te lig oor sy planne om die land hierdie week te verlaat.
- Die regering open kriminele sake teen 26 munisipaliteite oor rioolbesoedelingskrisis.
- Solidariteit, AfriForum dreig om noodplan vir dorpe op te skort berig Rapport op sy Los ons skole uit of ons help julle nie verder met dienslewering nie.
- Dit is die ultimatum wat die vakbond Solidariteit en AfriForum Vrydag aan adj.pres. Paul Mashatile gestuur het om hul woede oor die omstrede Bela-konsepwet uit te druk.
- Solidariteit en AfriForum is ontevrede omdat die wetsontwerp, wat dié week in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, aan provinsiale onderwyshoofde seggenskap gee oor skole se toelatings- en taalbeleid.
- Maroela Media berig: Ultimatum aan regering: ‘Help met Bela voor ons met dienste help’ Solidariteit en AfriForum het in ʼn gesamentlike skrywe aan adj.pres. Paul Mashatile gesê dat gesprekke met die regering oor samewerking oor dienslewering opgeskort word tot die dispuut oor Bela opgelos is.
- Netwerk 24 berig: AfriForum vra hof om VS-stadsraad onder administrasie te plaas AfriForum het hofstukke by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien waarin die burgerregteorganisasie vra dat die Ngwathe-munisipaliteit, met sy hoofsetel in Parys in die Vrystaat, onder provinsiale administrasie geplaas word.
- Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-distrik, moet die regering dringend ingryp om totale chaos in Parys, Heilbron, Koppies, Vredefort en Edenville te keer. “Dringende aksie is nodig, anders sal daar niks oorbly in die gebied om te bewaar nie.” Die jongste stap volg ná die simboliese begrafnis vir dienslewering wat AfriForum in April in Parys gehou het.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.