Thursday May 09, 2024
Episode 262 - Bela is boos protes
- AfriForum Jeug-protes maak boodskap duidelik: BELA ís boos AfriForum Jeug het vandag opnuut kapsie gemaak teen die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA). Dié jeugorganisasie het plakkate met slagspreuke soos “Afrikaanse skole is ons reg” en “BELA is boos” teen die heining van die Departement van Basiese Onderwys se kantore in Pretoria opgesit waar dit duidelik gesien kon word.
- Monique Taute video: Bela is boos! @AfriForum Jeug was vandag by die Departement van Basiese Onderwys om te sê #StopBela
- Nuusagenda video: #Bela is boos protes.
- Forum Nuus video: Stop Bela sê AfriForum Jeug. Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
- Netwerk 24 berig: Sitting vir Bela uitgestel omdat regte prosedures nie gevolg is nie Die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela) kon weens prosedurele redes nie sy laaste hekkie in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) oorsteek nie.
- LP’s was Donderdag veronderstel om die gewysigde wetsontwerp en die komiteeverslag daaroor tydens 'n volle NRP-sitting vir aanvaarding te oorweeg.
- Die verrigtinge daaroor is egter uitgestel nadat Cathy Labuschagne, DA-leier in die NRP, dit onder die raad se aandag gebring het dat die regte prosedures nie met die komiteeverslag oor die wetsontwerp gevolg is nie. “Julle weet almal dat die prosedures wat nie gevolg is nie 'n baie goeie rede sal wees vir enigiemand wat hierdie wetsontwerp verder wil neem of in 'n hof wil beveg,” het Labuschagne bygevoeg.
- President Cyril Ramaphosa het sy goedkeuring gegee aan die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak, wat haatmisdade en haatspraak kriminaliseer. Die wet beskryf ook die vervolgingsproses vir individue wat hierdie misdrywe pleeg.
- Maroela Media berig: Dodetal nou op agt ná gebou ineenstort Nadat veiligheidsrekords van die perseel nagegaan is, is daar nou bevestig daar was 81 mense op die perseel ten tyde van die voorval. Daar word dus steeds na 44 mense gesoek.
- Netwerk 24 berig: Oorlog dreig teen ‘spikers’ in Pretoria-omgewing Dit stuur af op ’n volskaalse oorlog teen aanvallers in die groter Pretoria-omgewing wat met klippe of skerpgemaakte penne lokvalle vir motoriste op paaie stel, waarsku veiligheidsmaatskappye en die owerhede.
- Sedert die naweek was daar weer verskeie voorvalle, maar die slagoffers het weggekom of hulp het betyds opgedaag.
- Dit blyk egter dat die rowers hul modus operandi effens wysig en nou fokus op afritte op die voorstoep van woonbuurte, waar motoriste hul waaksaamheid verslap.
- Danksy bewusmakingspogings, die optrede van verskeie veiligheidsgroepe en motoriste wat eerder aanhou ry, al is hul motors beskadig, het die “sukses” van die aanvalle afgeneem.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.