Tuesday May 14, 2024
Episode 265 - Ramaphosa het sy pen gekry en gaan die NGV teken.
- In die lig van toenemende druk van binne die ANC, sal president Cyril Ramaphosa Woensdag die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onderteken, wat die weg oopmaak vir 'n uitgerekte regstryd stryd met sakelui, gesondheidswerkers en opposisiepartye.
- Litigasie teen die NVG deur AfriForum, Solidariteit, DA, medici en moontlik Business Unity SA.
- Business Unity SA (BUSA) het bevestig dat hy regstappe sal oorweeg nadat president Cyril Ramaphosa die omstrede wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering vandeesweek onderteken het.
- DA-leier John Steenhuisen sê sy party sal onmiddellik 'n hofaksie loods "al die pad na die konstitusionele hof" indien kort president Cyril Ramaphosa die NGV-wetsontwerp onderteken het.
- Dirk Hermann skryf Die President het sy pen gekry en gaan die NGV-wet teken. Ons het ons pen gereed vir hofstukke. Hierdie gaan Solidariteit se grootste geveg nog wees. Ons doen ‘n oproep op mediese praktisyns om ons op groot skaal te steun. Dis ‘n saak om lewe en dood. SA staan saam!
- Solidariteit het op die vooraand van president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die vernietigende Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidversekering (NGV) aan hom geskryf dat hy binne ʼn uur nadat die NGV-wet onderteken is met ʼn regsproses teen dié wetsontwerp sal begin.
- ’n Groep groep van nege mediese en verwante gesondheidsorgpraktisynsverenigings wat meer as 25 000 toegewyde private en openbare-sektor gesondheidsorgwerkers verteenwoordig maak beswaar teen die ondertekening van die NGV-wetsontwerp.
- Maroela Media berig Deurvoer van NGV het medici, politici én sakelui bekommerd
- “Die regering wil nou kom en iets wat deur die private sektor opgebou is oorvat omdat hulle daarin misluk het om dit self te doen.”
- Charné Mostert video: Die Nasionale Gesondheidversekering word môre wet. Hoewel dit as wet bekragtig gaan word, is dit in praktiese en finansiële terme nog ver van implementering af.
- Die IRR wys uit: SA het gesien wat gebeur wanneer die ANC kritieke instellings beheer. Gesondheidsorg sal in duie stort, net soos wat gebeur het met die verskaffing van water en elektrisiteit, onderwys, wetstoepassing en dienste.
- Netwerk 24 berig: 8 provinsies ondersteun gewysigde Bela-wetsontwerp
- Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) wat onderwyshoofde, in plaas van skoolbeheerliggame, die finale sê gaan gee oor alle openbare skole se toelatings- en taalbeleid, is ’n stap nader daaraan om wet te word.
- Agt uit die nege provinsiale wetgewers het Dinsdagoggend die aanvaarding van die gewysigde weergawe tydens ’n volle sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ondersteun.
- AfriForum sê NRP-steun vir BELA-wetsontwerp bewys skoolgemeenskappe moet self kan besluit
- AfriForum meen die steun van agt uit die nege provinsiale wetgewers vir die omstrede Wysigingswetsontwerp Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) in vanoggend se volle sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), bewys dat politici enigiets – insluitend gehalte onderwys en ons kinders se toekoms – op die altaar sal plaas vir hul eie ideologiese doelstellings en korttermyn verkiesingsukses. Volgens AfriForum bewys dit waarom finale besluite oor sleutelkwessies soos skole se taal- en toelatingsbeleid nie in polities-gedienstige amptenare en politieke aanstellings se hande mag berus nie, maar by gemeenskappe self.
- Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beskou dit as ontnugterend om te sien hoe politici die wetsontwerp ten alle koste en met groot spoed probeer afhandel voor die verkiesing, ten spyte van groeiende publieke teenstand daarteen.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.