Wednesday May 15, 2024

Episode 266 - Bela wil Afrikaanse skole doodmaak

  • Kyk Video: Solidariteit Beweging mediakonferensie oor die Bela wetgewing
  • Die gesamentlike stryd om Afrikaanse skole onder beleg van die regering te beskerm, is op die punt om in alle erns te begin.
  • Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het vandag by ʼn gesamentlike mediakonferensie hul voorneme bekendgemaak om hande te vat in ʼn reuse-regstryd teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela), indien dit soos verwag word deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.
  • Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die Bela-wysigingswetsontwerp beskryf as ʼn aggressiewe daad en 'n aanval op Afrikaanse skole en kinders waarmee die regering beheer oor die skole wil kry.
  • “Die Bela-wysigingswetsontwerp is ʼn verbreking van die 1994-skikking en die aanvaarding daarvan sal ʼn vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap veroorsaak.
  • “Die Bela-wysigingswetsontwerp is die ernstigste bedreiging wat Afrikaans en Afrikaanse skole nóg in die gesig gestaar het en daarom sal AfriForum alle moontlike nasionale en internasionale regstappe neem om dit teen te staan,” sê Kriel
  • Maroela Media berig: Bela bedreig taal, maar ook kinders se toekoms Hofstukke is reeds opgestel om op die regering te beteken, sou omstrede wysigings aan die Skolewet deurgevoer word.
  • Dirk Hermann video: Ons kinders se toekoms is te belangrik om afhanklik te wees van 'n amptenaar, en daarom dien ons dié petisie (Bela-wetsontwerp) in.
  • Netwerk 24 berig: Bela-wetsontwerp Donderdag vir finale aanvaarding in NV oorweeg
  • Die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela) sal Donderdag deur ’n volle sitting van die Nasionale Vergadering (NV) vir finale aanvaarding oorweeg word.
  • ANC-LP’s het Woensdag hul meerderheid in die NV se portefeuljekomitees oor basiese onderwys gebruik om die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se wysigings aan die wetsontwerp te aanvaar.
  • Besware van LP’s, van veral die DA en die ACDP dat die wysigings weens “massiewe prosedurele gebreke” verwerp moet word, het Woensdag op dowe ore geval.
  • Burgerlike samelewingsorganisasies oor Suid-Afrika heen is – soos Kaapse Forum – verenig in heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet), wat onlangs deur die regerende party voorgestel en Dinsdag deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n opvallende aanval op grondwetlike regte en demokratiese vryhede van elke Suid-Afrikaner. Die direkte effek is die groeiende sentiment vir groter outonomie vir die Kaap.
  • Maroela Media berig: Reuseregstryd kom oor NGV  “NGV benodig ’n honderd maal soveel geld om te funksioneer as wat in die begroting daaraan toegewys is en tog het Ramaphosa besluit om dit twee weke voor die verkiesing haastig te bekragtig. Dit is tog duidelik net die volgende stap van die ANC se verkiesingsveldtog.”

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125