Thursday May 16, 2024
Episode 267 - Die stryd teen Bela verskerp
- Kallie Kriel skryf: Die Nasionale Vergadering het die anti-Afrikaanse Bela-wet, wat Afrikaanse skole en kinders teiken, vanoggend aanvaar. Gedurende dieselfde tyd het @afriforum, @solidariteit en die @SOS_Skole met ons regspan vergader om gereed te wees om Bela in die hof te beveg, sou die president dit teken. Dié foto is vanoggend tydens ons regskonsultasie geneem.Gee asb. aan AfriForum jou mandaat om namens jou teen die Bela-wet te veg by http://stopbela.co.za. Deel asb en stuur vir al jou vriende en familie aan.
- Nuusagenda video: #Bela wetgewing aanvaar deur die parlement. AfriForum verskerp regstryd en openbare druk.
- Netwerk 24 berig: PAS BEKEND | Bela deur NV goedgekeur, kort net Cyril se handtekening
- Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) is op pad na pres. Cyril Ramaphosa se lessenaar om as wet bekragtig te word.
- Dit kom nadat 'n oorweldigende meerderheid van LP’s Donderdag in 'n volle sitting van die Nasionale Vergadering (NV) ten gunste van die weergawe van die wetsontwerp wat die Nasionale Raad van Provinsies vroeër gewysig het, gestem het.
- Die gewysigde weergawe gee onder meer aan die staat se onderwyshoofde, in plaas van skoolbeheerliggame, die finale sê oor die sowat 23 000 openbare skole in die land se taal- en toelatingsbeleid.
- AfriForum gereed om president te petisioneer ná Nasionale Vergadering BELA aanvaar
- Die Nasionale Vergadering (NV) se aanvaarding van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) vandag, was slegs ’n volgende stap in die ANC se meedoënlose stoomrollerproses om die wetsontwerp voor die verkiesing deur te voer. AfriForum en verskeie ander instellings het hierdie verloop van sake voorsien. Die volgende stap is dat die wetsontwerp aan die president vir ondertekening voorgelê sal word. AfriForum se regspan is gereed om die president te versoek om dit ingevolge bepalings van die Grondwet nie te onderteken nie, maar dit weer na die NV terug te verwys.
- Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beklemtoon dat AfriForum hou by die voorneme om die BELA-wetsontwerp nasionaal en, indien nodig, ook internasionaal met regsaksie teen te staan solank dit ’n bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaanse skole en gehalte-onderrig inhou.
- “AfriForum beskou die wetsontwerp as ’n berekende aanslag op veral enkelmedium- Afrikaanse skole en daarom as ’n poging om kulturele etniese suiwering te pleeg. Die Afrikaanse gemeenskap se kulturele identiteit word bedreig deur hulle taal stelselmatig uit openbare skole te sluit, soos wat reeds met openbare universiteite gebeur het,” sê sy.
- Charné Mostert video: @AfriForum gereed om president te petisioneer ná Nasionale Vergadering BELA aanvaar.
- Dirk Hermann @SolidariDirk video: Ons kinders se toekoms is te belangrik om afhanklik te wees van 'n amptenaar, en daarom dien ons dié petisie (Bela-wetsontwerp) in.
- Netwerk 24berig: Bela-wetsontwerp, NGV: ANC is desperaat, sê Solidariteit
- Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) en ander omstrede wetsvoorstelle én populistiese uitsprake deur die ANC is alles deel van ’n “desperate” poging om ná die komende algemene verkiesing aan bewind te bly, meen Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
- Hy het Woensdag so gesê toe hy saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum, tydens ’n aanlyn nuuskonferensie aangekondig het dat hul organisasies slaggereed staan om saam ’n “reuse-regstryd” teen die Bela-wetsontwerp te begin sodra dit deur pres. Cyril Ramaphosa as wet bekragtig word.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.