Friday May 17, 2024

Episode 268 - Kiesers kry dubbel klap in die gesig met NGV en Bela wat deurgedruk word voor verkiesing

  • Kallie Kriel @kalliekriel video @afriforum @solidariteit en @SOS_Skole  het 'n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy versoek word om nie die anti-Afrikaanse Bela-onderwyswet te onderteken nie. Sou hy dit teken, verklaar hy en die ANC Afrikaanssprekendes amptelik tot vyand. Ons regspan staan gereed om Bela in die hof, internasionaal en op elke moontlike ander wyse te beveg.  Gee asseblief aan AfriForum jou mandaat om namens jou teen die Bela-wet te veg by http://stopbela.co.za. Deel asseblief dié boodskap.
  • Netwerk 24 berig: Solidariteit slyp byle vir Bela-geveg Die geveg teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) “begin nou eers”.
  • Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dít Donderdag duidelik gemaak kort nadat 223 LP’s van die ANC, EFF, IVP, NFP en PAC in die Nasionale Vergadering (NV) die gewysigde wetsontwerp aanvaar het.
  • Die DA, die Wes-Kaapse regering, Solidariteit en AfriForum beplan om afsonderlike petisies aan Ramaphosa te rig om die wetsontwerp terug te verwys na die parlement vir heroorweging weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan.
  • Solidariteit en AfriForum is ook besig met regsprosesse teen die wetsontwerp, wat hulle as ’n berekende aanslag op veral Afrikaanse skole beskou. Verskeie ander burgerlike en politieke organisasies dreig ook met hofsake daarteen as dit wet sou word.
  • Solidariteit wil ook “die groter Afrikaanse gemeenskap” uit protes teen die wetsontwerp mobiliseer.
  • Maroela Media berig: Bela-wet is ‘skoolkaping; bewys van ANC se paniek’ – kritici Kritici is dit eens dat die ANC nou na elke moontlike strooihalm gryp om steun vir die verkiesing te werf – selfs al is dit ten koste van die land se onderwysstelsel.
  • Politieke partye sowel as burgerlike organisasies oor die hele Suid-Afrika heen is, soos Kaapse Forum, verenig in hul heftige teenstand teen die diep kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) wat gister deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar is. Hierdie drakoniese stuk wetgewing verteenwoordig ’n duidelike aanval op grondwetlike regte en demokratiese vryhede van elke Suid-Afrikaner. ’n Groeiende sentiment vir groter outonomie in die Kaap is besig om pos te vat en die regering se planne vir die implementering van hierdie wetsontwerp vuur net hierdie sentiment aan.
  • Maroela Media berig: ‘Uiteenlopende gemeenskappe’ verenig teen Bela “Ondanks ons verskil in agtergrond, kultuur of oortuigings, kom mense van verskillende groepe bymekaar omdat Bela gesien word as ’n stryd wat gemeenskaplik gepak moet word.”
  • Netwerk 24 berig: NGV is roekeloos; belastingbetaler gaan boet Die bekragting van die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is vandeesweek uit alle oorde gekritiseer en talle organisasies, politieke partye en mediese liggame is sterk gekant teen dié wet. AfriForum en Solidariteit is van die organisasies wat gister aangekondig het dat hulle met regstappe gaan begin om NGV te beveg.
  • Maroela Media berig: Wysiging van NGV-wet nie so maklik (as wat Majodina dink) Hoewel die regering volhou dat die NGV-wetsontwerp gewysig kan word soos nodig, is die werklikheid veel meer kompleks. Die wetgewende en regsproses betrokke by die wysiging van die wet is tydrowend en prosedureel streng.
  • Lien se bulletin video: #NHI is nié gratis nie. Dis jý wat gaan hoes daarvoor! Luister na wat MEDICI en REGSGELEERDES sê. Dit is NIE gratis mediese sorg nie
  • Netwerk 24 berig: Flip Buys: ‘Nie Marx of Lenin sou NGV-wet steun nie’ ’n Volhoubare welsynstelsel is afhanklik van ’n dinamiese ekonomie en ’n doeltreffende staat – voorvereistes wat nie in Suid-Afrika bestaan nie, skryf Flip Buys.
  • Cyril Ramaphosa se haastige ondertekening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) so kort voor die verkiesing is nog ’n desperate stap van die ANC om aan mag te probeer vasklou. Hierdie paniekerige stap gaan nie die toets van die tyd deurstaan nie omdat hy goed weet dat die wet in sy huidige vorm nie uitvoerbaar is nie en ná die verkiesing in die howe gestop gaan word.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125