Wednesday May 22, 2024
Episode 271 - Die grootste verloorders hierdie verkiesing gaan die kiesers wees wat presies sal kry waarvoor hulle stem.
- IOL berig: Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC, het gesê die African National Congress (ANC) het nog 30 jaar nodig om huise te bou, werksgeleenthede te skep, paaie en infrastruktuur te bou en te verseker dat die dienste aan almal gelewer word. Hy het gesê hulle het baie gedoen oor die afgelope 30 jaar, maar het by die mense gepleit om hulle meer tyd te gee om hul langdurige beloftes na te kom en meer mense te bereik. Toe hy in 1994 aan bewind verkies is, het die ANC die burgers 'n "beter lewe" vir almal belowe.
- Die grootste verloorders hierdie verkiesing gaan die kiesers wees wat presies sal kry waarvoor hulle gestem het...wys 🆂🆃🅰🆃🆂 & 🅵🅰🅲🆃🆂 @stats_fact uit
- Netwerk 24 berig Tweespalt in MK: Zuma se dogter ‘vervals sy handtekening in OVK-brief’ Jabulani Khumalo, uitgeskopte stigterslid van die MK-party, hou vol dat oudpres. Jacob Zuma die pos van president en leier van die party onregmatig bekom het.Dit is daarom dat Khumalo nou die kieshof op ’n dringende grondslag nader en vra dat dié hof sy skorsing uit die party tersyde moet stel.
- Die IVP het sy voorneme verklaar om koalisies met die ANC of die uMkhonto weSizwe Party (MKP) in KwaZulu-Natal te vermy, selfs al skiet dit nie daarin om 'n meerderheid in die komende algemene verkiesing te verseker nie.
- Netwerk 24 berig: EFF glo hy gaan KZN regeer – maar peiling wys MK loop ver voor Hulle is daarvan oortuig dat die EFF ná die verkiesing van 29 Mei die regerende party in KwaZulu-Natal gaan wees, sê dié party.Hulle is ook nie bang vir oudpres. Jacob Zuma se MK nie, sê Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF.
- Volgens ’n peiling van die TV-nuuskanaal eNCA en MarkData loop MK tans voor wat steun betref in KwaZulu-Natal. Volgens die peiling geniet MK tans 46,4% van die steun in die provinsie, gevolg deur die IVP (14,5%), die DA (12,2%), die ANC (11,1%) en die EFF (6,7%).
- Zingiswa Losi, president van Cosatu, sê die land sal in die hande van rassiste val sou die ANC die verkiesings verloor. Zingiswa Losi, president van Cosatu, het gesê Suid-Afrika staan 'n kans om soos Orania te lyk sou die ANC die verkiesing later vandeesmaand verloor.
- Jacques Broodryk @JacquesBroodryk video @afriforum buurtwagte is gerat vir enige onstuimigheid wat tydens die verkiesingstyperk mag ontstaan.
- Maroela Media berig: AfriForum slaggereed om verkiesing te monitor “Verkiesings moet vry en regverdig wees, sonder enige inmenging of intimidasie van kiesers. Dít is vir AfriForum van kardinale belang en daarom het ons ook onafhanklike waarnemers opgelei vir hierdie taak.”
- Nuusagenda video: #Bela. Angie sing nuwe deuntjie na groot kritiek.
- Netwerk 24 berig: ‘Afrikaans werk en ons gaan daaruit leer’ – Motshekga Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) gaan nie Afrikaans as moeder- en onderrigtaal in openbare skole in Suid-Afrika vernietig nie, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.
- “Afrikaans as taal in die land werk en ons gaan eerder daaruit leer. Ons gaan niks doen om dit te vernietig nie,” het sy Dinsdag gesê. Sy het onderwysbelanghebbendes by die Motheo TVET-kollege in Bloemfontein toegespreek oor ontwikkelings rakende haar departement se moedertaalgebaseerde tweetalige onderwysprogram (MTO).
- AfriForum sê minister se uitlatings oor moedertaalonderrig is blote oëverblindery Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, se mees onlangse uitlatings oor die waarde van moedertaalonderrig en haar departement se waardering vir Afrikaanse skole, is blote oëverblindery in aanloop tot die verkiesing in die lig van die groeiende teenstand teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp). Dit is die mening van AfriForum nadat die minister gister Afrikaanssprekendes probeer gerusstel het dat die wetsontwerp glad nie Afrikaanse skole teiken nie.
- Kallie Kriel @kalliekriel Gerrie Nel en sy span by @afriforum se privaatvervolgingseenheid se net span al hoe nouer om Fikile Mbalula. Dit was 'n lang proses om tot hier te kom, maar al vat dit tyd, sal geregtigheid geskied.
- Maroela Media berig Mbalula se ‘Dubai-vakansiedossier’ skep talle vrae AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die eenheid is nou selfs meer oortuig dat daar gronde vir ’n saak teen Mbalula is.
- Te midde van toenemende spanning oor die voorsiening van veilige drinkwater aan inwoners van Parys en die omliggende nedersettings gaan AfriForum sowel as verskeie plaaslike gemeenskapsorganisasies, gemeenskapsleiers en inwoners van Parys, Tumahole en Schonkenville eerskomende Donderdag (23 Mei 2024) opruk na die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit. Dié groepe se gemeenskaplike dors na geregtigheid én skoon drinkwater laat hulle nou saam standpunt inneem teen dié munisipaliteit se onvermoë om skoon drinkwater aan die nagenoeg 50 000 inwoners van Parys en die omliggende nedersettings te bied.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.