Tuesday May 28, 2024

Episode 275 - V-dag vir verandering

  • Die ANC sal waarskynlik minder as 50% van die nasionale stemme in die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing ontvang, maar sal steeds die grootste party in die Parlement bly, volgens meningspeilings .
  • Netwerk 24 berig: ‘Perfekte storm is nodig’: Dít moet gebeur voordat ANC se steun só tuimel
  • Sonder politieke wensdenkery en emosionele uitsprake lyk dit na ’n uitgemaakte saak dat die ANC se steun kan tuimel met die grootste stempersentasie tot nog toe, en tot veel minder as die 57,5% wat hy met die nasionale verkiesing in 2019 gekry het.
  • Maar ’n perfekte storm sal nodig wees om die ANC se steun tot laag in die 40% af te druk, soos wat peilings by tye wys, sê Wayne Sussman, ’n verkiesingsontleder betrokke by die eNCA/Markdata-meningspeiling.
  • Vir dit om te gebeur, sal die ANC die meeste van sy steun in KwaZulu-Natal moet verloor en sal sy steun in Gauteng skerp moet afneem, want dié twee provinsies huisves saam 45% van Suid-Afrika se kiesers. Sussman meen die ANC sal steun van tussen 47% en 48% in die nasionale verkiesing behaal.
  • Vir die ANC om meer as ’n tiende van sy 1999-steun te verloor, sal die EFF van sy steun moet wegrokkel, die MK-party sal ook goeie steun in Mpumalanga moet kry, ActionSA se steun in Soweto sal momentum moet kry en die Patriotic Alliance sal van die landelike bruin stemme by die ANC moet afvat.
  • Sussman meen dit is onwaarskynlik dat die ANC se steun by die stembus tot net 44% sal daal soos die Social Research Foundation (SRF) se daaglikse peiling vandeesmaand by tye gewys het.
  • Maroela Media berig: DA hof toe oor Ramaphosa se TV-toespraak “Ramaphosa se manipulasie was berekend en ontwerp om ʼn invloed te hê op die uitslag van die verkiesing deur onverdiende lugtyd vir die ANC te verskaf.”
  • Om veiligheid te verseker te midde van spesiale stemming, het die regering sekuriteit in die Oos-Kaap en Kwazulu Natal versterk weens potensiële geweldsdreigemente. Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, berig 500 lede van die openbare orde-polisiëring is oor hierdie streke uitgestuur, met 'n fokus op meer as 600 hoërisiko-stempunte en -brandpunte gedurende die verkiesingstydperk berig die SABC
  • Nuusagenda voorspelling : ANC - 45%, DA - 23%, MK - 10%, EFF - 9%, IVP - 3%, VF Plus – 1.8%,  PA – 1.8 %,   Action SA – 1,5%,   ACDP 0.75%  Rise Mzansi – 0.5%, Bosa – 0.3%, UDM 0.3%  Res van partye  nie partye wat meer as  3% gaan kry nie. Stempersentasie 63%
  • Maroela Media berig: Dis ANC vs. MKP in KZN Dít gaan na alle verwagting een van die taaiste verkiesings in dekades wees en die opgang van die MKP het spanning in KwaZulu-Natal, reeds berug vir politieke moorde, verder opgejaag.
  • ’n Ramptoestand is in die Vrystaat en KwaZulu-Natal afgekondig ná swaar reën in April.
  • Hoogste Hof van Appèl se “Kill the Boer”-uitspraak laat boere in die steek; beklemtoon die belangrikheid daarvan om veiligheid in eie hande te neem
  • Die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak dat die “Kill the Boer”-dreunsang nie haatspraak is nie, plaas beide boere en Afrikaners in gevaar. Verder werp die feit dat waarnemende appèlregter, Raylene Keightley, nie van hierdie saak onttrek is nie, nadat dit aan die lig gekom het dat sy in die verlede sterk, bevooroordeelde menings teen AfriForum uitgespreek het, ’n skadu oor hierdie uitspraak.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125