Wednesday May 29, 2024

Episode 276 - V-dag vir verandering skop af met lang rye by stembusse in stede. Gaan die ANC se plattelandse steun opdaag ?

  • Die OVK herhaal dat landsburgers slegs kan stem by 'n stemlokaal waar hulle geregistreer is. Die Kommissie gee 'n opdatering oor die stemming wat by verskeie stemlokale regoor die land plaasvind.
  • Dawie Scholtz @DawieScholtz skryf: ’n Belangrike opkomende tema: Dit lyk of dit baie stadiger gaan stem met die derde stemming en ander stelselkwessies. Voorbeeld: Edgemead Primêre Skool in Kaapstad Geregistreerde Kiesers: 3216 Gestem teen 13:15: 600 Opkoms: 19% teen 13:15. Baie stadiger as gewoonlik. Groot lyn. BLY IN RY.
  • Dirk Hermann @SolidariDirk skryf Nuutste Solidariteit-peiling onder lede. 96.35% gaan beslis stem. 2.33% gaan waarskynlik stem. 1% gaan waarskynlik nie stem nie. 0.33 glad nie stem nie. Met die vorige verkiesing het die stempatrone van Afrikaners bykans 100% ooreengestem met die van Solidariteit-lede.
  • Daar kan met vrymoedigheid gesê word dat Afrikaners oorweldigend gaan stem.
  • Indien die algemene stempersentasie van vanjaar se verkiesing tussen 60% en 65% sal Solidariteit-lede (waarskynlik ook Afrikaners) se stem tussen 40% en 50% meer tel as die res van die demografie.
  • Die hoë stempersentasie is ‘n protesstem. Mense is moeg vir die nutteloosheid van die ANC. Die ANC het nie net reggekry om die land in die grond te bestuur nie, maar het ook reggekry om minderhede te vervreem.
  • Kallie Kriel @kalliekriel skryf #SAelections2024: @afriforum se meer as 130 verkiesingswaarnemers was reeds vroeg landswyd uit die vere om teenwoordig te wees by die opening van die stemlokkale. #LaatJouStemHoor
  • Jacques Broodryk @JacquesBroodryk video Die @afriforum buurtwagte help om hul gemeenskappe te beveilig op stemdag.
  • MyBroadband berig: Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) se webwerf het foute teruggegee toe sommige kiesers Woensdag na die stembus gegaan het. Die webwerf laat kiesers toe om te kyk waar hulle geregistreer is en watter stemlokaal hulle moet besoek. Deur na die OVK se webwerf te navigeer, het 'n generiese fout teruggestuur wat sê dat 'n probleem voorgekom het. Teen 10:15 kon kiesers weer hul registrasiestatus nagaan.
  • Netwerk 24 berig Probleme het vroegoggend opgeduik by stempunte in verskeie dele van die land.
  • Die probleme is egter nie groter as wat verwag is nie, sê Werner Horn, DA-verteenwoordiger in die skakelkomitee van politieke partye met die OVK.
  • Sowel die DA as die VF Plus het klagtes ontvang dat die stemmery by sommige stempunte nie voortgaan nie omdat die elektroniese kieserbestuurstoestelle in sekere dele vanlyn is.
  • Die kommer is dat kiesers weens die oponthoud die stempunte sal verlaat sonder om te stem en nie sal terugkom nie.
  • Volgens Horn is daar in die Noord-Kaap besluit om voort te gaan sonder dié toestelle. “Die toestelle is ’n manier om te voorkom dat kiesers twee keer stem. Daar is egter ander maniere om te kontroleer dat kiesers net een keer stem. Dit is deur hulle af te merk op die afgedrukte kieserslys en deur die inkmerke op duime.”
  • Netwerk 24 berig DA sal nié met ANC in koalisie tree – Steenhuisen Die DA is nie van plan om met die ANC in ’n koalisie te tree, kom die uitslag van Woensdag se algemene verkiesing nie.
  • Die land se probleme kan nie opgelos word met dieselfde mense wat vir daardie probleme verantwoordelik is om die tafel nie, sê John Steenhuisen, leier van die DA, Woensdag aan Netwerk24.
  • Netwerk 24 berig: OVK besorg oor ‘veldtog om verkiesing te ondermyn’ Die Verkiesingskommissie (OVK) is bekommerd dat daar reeds ’n georkestreerde poging is om die uitslag van Woensdag se verkiesing te ondermyn.
  • So het Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, Dinsdag op ’n mediakonferensie op die vooraand van die verkiesing by die kommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand gesê.
  • Hy het verwys na video’s wat die laaste paar dae op sosiale media versprei is oor mense van ’n sekere politieke party wat onwettig toegang tot OVK-pakhuise verkry het.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125