Thursday May 30, 2024

Episode 277 - OVK laat val die pap op die grond met die verkiesing . ANC verloor sy meerderheid steun in die parlement

  • Maroela Media berig: Lang rye eerder onbevoegdheid as hoër stemsyfer In sommige gevalle het kiesers eers Donderdag teen 03:00 klaar gestem, met die gevolg dat talle kiesers eerder nie gestem het nie.
  • Beeld berig op sy voorblad ‘Probleme versuur nie verkiesing ’ Suid-Afrikaners het gestem. Nou is alle oë op die telproses – en daarna, as die ANC se steun tot onder 50% daal, moontlike koalisiegesprekke.
  • Maroela Media berig Stemtellery begin ná lang toue, tegniese probleme Die finale uitslag word nie voor die naweek verwag nie, maar waarnemers hou die syfers wat drupsgewys begin inkom met ʼn valkoog dop om ʼn aanduiding te kry of die regerende ANC sy parlementêre meerderheid kwyt is.
  • eNCA @eNCA video: eNCA projekteer dat die ANC vir die eerste keer sy nasionale meerderheid in 'n demokratiese Suid-Afrika gaan verloor en rondom 45% behaal.
  • Dawie Scholtz @DawieScholtz skryf: News24-projeksie vir NASIONALE STEMMING: ANC 42,3% (-15,2), DA 21,8% (+1), MK 13,6% (+13,6), EFF 9% (-1,8), IVP 3,5% (+0,1), PA 2,2% ( +1.2) Buitengewone verkiesing! MK die sleutel dryfveer
  • Newzroom Afrika [KYK video] ANC-voorsitter Gwede Mantashe sê aan joernaliste dat die party ná die uitslae koalisies sal bespreek, hy sê ook oudpresident Jacob Zuma is nie 'n lid van die ANC nie.
  • Jaco Kleynhans @JacoKleynhans skryf: Kort verkiesingsuitslagopsomming sover:
  • Die ANC het hard pakslae gekry - selfs harder as wat baie verwag het. Hulle verloor sonder twyfel KwaZulu-Natal, waarskynlik ook Gauteng. Die ANC word verniel in die Wes-Kaap. Die ANC het byna ook beheer oor die Noord-Kaap en Vrystaat verloor - hopelik volgende keer.
  • Die probleme by stemlokale was egter onaanvaarbaar. Te veel mense wat nie gaan stem het en te lang rye wat mense ontmoedig het.
  • Die DA verras met sterk behoud van Wes-Kaap en groei in steun onder blankes, Indiërs en swart kiesers maar daling in steun onder bruin kiesers gaan hul pla.
  • MK doen selfs beter as verwag. Toon op desperaatheid van baie swart kiesers. Baie slegte en gevaarlike teken. Desperate mense sal vir radikale (selfs korrupte) groepe stem. EFF groei op sommige plekke en doen in ander (KZN, Wes-Kaap) maar vrot. Geen wesenlik groei vir hulle.
  • IVP stel teleur. Groei in dele van KZN maar verloor in ander weer steun na MK. Die momentum van twee of drie jaar gelede het nie na vanjaar se verkiesing deurgetrek.
  • VF Plus verloor deel van sy steun en kon nie op 2019 se momentum voortbou nie. DA het vertroue van baie Afrikaners terug gewen. Afrikaners het in baie hoë persentasie gaan stem. Ook blanke Engelse kiesers. In baie swart gebiede was daar verdere daling in stempersentasie.
  • Kleiner partye soos Action SA, Rise Mzansi, Bosa en andere duik in die hek. VF Plus staan net-net bo dit uit maar gaan sukkel om soos in 2019 as deel van 'n ander, kategorie beskou te word.
  • Netwerk 24 berig MK en EFF sal met ANC wil saamwerk – Duvenhage Sowel die EFF as MK sal ná die verkiesing met die ANC wil saamwerk, meen die politieke ontleder prof. André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit.
  • Volgens hom wil Julius Malema, EFF-leier, terugkeer na sy oorspronklike politieke tuiste. “Dis koud buite die ANC.”
  • ’n Swak vertoning in die verkiesing sal vir die EFF as verdere aansporing dien om saam met die ANC te werk.
  • Jacob Zuma het geen aspirasies om weer president of ’n parlementslid te word nie; hy wil net uit die tronk bly, sê Duvenhage.
  • “Zuma sal MK aan die ANC verkoop as ’n stuk politieke kapitaal om kwytskelding te kry.” Zuma het nie uit die ANC bedank voordat hy hom by MK aangesluit het nie.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125