Friday May 31, 2024
Episode 278 - ANC planke toe. OVK laat val die pap en die pot op die grond met die verkiesing.
- Die Burger berig op sy voorblad ‘Skaakmeester’ Zuma sorg vir slagting, meen ontleders
- Of jy hom nou ’n slagoffer, ontwrigter of skaakmeester noem: Jacob Zuma se MK-party het volgens ontleders vir ’n slagting gesorg.
- Nadat die telproses teen Donderdag 20:00 by net meer as ’n derde van die stemdistrikte landwyd afgehandel is, het MK op nasionale vlak derde gestaan, ’n kortkop voor die EFF, albei op net meer as 9%.
- In KwaZulu-Natal het MK 42,5% van die steun gehad.Die ander wenner in vanjaar se verkiesing lyk na die PA, wat nasionaal op 3,5% in die vyfde plek was. In die Wes-Kaap was hy derde met meer as 11% van die stemme, terwyl die DA daar net bo die 50%-kerf was.
- Die “slagting” in KwaZulu-Natal maak ’n ANC-meerderheid op nasionale vlak wiskundig gesproke bykans onmoontlik, sê die politieke ontleder Lukhona Mnguni.
- Maroela Media berig: ANC ‘in ontkenning’ oor ondergang Dit is duidelik dat die ANC bloei. Vir die eerste keer in 30 jaar gaan hy sy meerderheidswurggreep op die nasionale regering verloor en as die ANC nasionaal wil regeer, gaan die party ʼn groot koalisievennoot benodig.
- Maroela Media berig Onafhanklike ondersoek gevra ná probleme op stemdag Die IRR sê probleme by stempunte kan daartoe lei dat kiesers vertroue in die Verkiesingskommissie (OVK) verloor.
- Netwerk 24 berig EFF braak gal oor OVK se ‘onbevoegdheid’ Die ineenstorting van die Verkiesingskommissie (OVK) se grootskerm waarop dit nasionale en provinsiale stemuitslae vertoon, beklemtoon die “onbevoegdheid en onvermoë” van die OVK om Suid-Afrika se demokrasie te beskerm, beweer die EFF. Die OVK se webtuiste het Vrydagoggend vir ure lank geen data oor die stemme wat getel is, weerspieël nie.
- Dawie Scholtz @DawieScholtz Nasionale projeksieopdatering, met 27% getel: ANC 41,3%, DA 21,8%, MK 13,8%, EFF 9,2%, IFP 3,8%, PA 2%, VF+ 1,5%, ActionSA 1%, Rise 0.4%, BOSA 0,4%. Stem opkoms: 58,3%
- CSIR 🇿🇦 @CSIR skryf: Met 51.5% van VD's verklaar, projekteer ons #SAelections voorspellingsmodel ANC 40.5%, DA 21.7%, MK 14.6%, EFF 9.4%, PA 2% op die Nasionale Stembrief.
- Sowetan LIVE @SowetanLIVE video: Minister van polisie, Bheki Cele, sê sowat 50 mense is tydens verkiesings gearresteer omdat hulle probeer het om die algemene verkiesing van 2024 te ontwrig.
- Dirk Hermann @SolidariDirk skryf : Solidariteit gee regering weer pak in hof - aanstelling van Kubaanse ingenieurs onwettig. ANC se historiese verhouding met Kuba is vir hulle belangriker as lojaliteit teenoor burgers. Die regering was roekeloos met die Kubane. Dis vir dade soos die wat die kiesers die ANC straf.
- Die SA Weerdiens verwag koue weerstoestande – insluitend sneeu – regoor hoogliggende dele in die land hierdie naweek.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.