Monday Jun 03, 2024
Episode 279 - Cyril bly (vir eers) en koalisievennote gesoek vir die ANC.
- Kallie Kriel @kalliekriel video: Verkiesing 2024: Hier is ’n kort bestekopname wat ek sommer gou opgeneem het en ’n paar gedagtes oor @afriforum en ons gemeenskappe se pad vorentoe.
- Die volgende scenario’s kan uitspeel: Nuusagenda video: #Election24 scenario’s
- Opsie 1. ANC, DA, IVP en ander veelparty vennote
- Opsie 2. ANC, EFF en PA. Eise van onteiening sonder vergoeding van EFF
- Opsie 3. ANC en MK. Ramaphosa nie meer president nie.
- Maroela Media berig: Ramaphosa gaan nêrens – Mbalula Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê die party het die mense van Suid-Afrika “hard en duidelik” gehoor en dat ʼn proses van hernuwing en herlewing dringend gevolg sal word. Niemand sal egter aan hom voorskryf wat die leierskap betref nie.
- Beeld skryf op sy voorblad Alle oë nou op CR en Steenhuisen
- “My lig is nog nie uitgedoof nie,” het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand skertsend gesê nadat die finale verkiesingsuitslae aangekondig is en midde- in gesprekke oor koalisieregerings of ’n regering van nasionale eenheid wat momentum kry.
- Die ANC het geskiedenis gemaak toe hy die eerste keer in drie dekades sy greep op ’n volstrekte meerderheid in die parlement verloor het.
- ’n Ontspanne Ramaphosa het die kwinkslag gemaak in klaarblyklike verwysing na sprake dat sy dae getel kan wees ná die ANC se swak vertoning in die verkiesing.
- Sy Mamabolo, hoof van die Verkiesingskommissie, het per abuis na Rama¬phosa verwys as “extinguished” eerder as “distinguished”, waarop Rama¬phosa hom skertsend gekorrigeer het.
- Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendmaking van die uitslae gesê: “Of ons daarvan hou of nie, die mense het gepraat.”
- Wat dié verkiesing duidelik gemaak het, is dat die mense van Suid-Afrika van hul leiers verwag om saam te werk en in hul behoeftes te voorsien, het Ramaphosa gesê.
- Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader Dinsdagoggend oor die pad vorentoe. Na verwagting sal ’n koalisie¬regering met partye soos die DA en die moontlikheid van ’n regering van na¬sionale eenheid ter sprake kom.
- Netwerk 24 berig: Zuma lei MK se koalisiegesprekke in KZN MK is reeds besig met koalisiegesprekke om te verseker dat hy in die regerende stoele in KwaZulu-Natal se provinsiale wetgewer kan sit.
- SABC berig: Die stigter van die MK Party en die man wat die party by die OVK geregistreer het (Jabulani Khumalo) gaan die OVK s'n van oudpresident Jacob Zuma as die leier van die party uitdaag in die verkiesingshof wat in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg sit. Die party het die 2024-peilings wat na vore gekom het, betwis met beduidende resultate nasionaal en in die KZN en Mpumalanga provinsie.
- Dirk Hermann foto’s: Wat doen ons na die verkiesing verby is? Ons bou verder….Kyk hoe vorder die spinternuwe 400- bedkoshuis van Sol-Tech, Die Plaashuis. Só sluit ons ‘n alliansie met die toekoms, al gebeur wat.
- Maroela Media berig: Sterftes, skade ná oorstromings in Oos- en Wes-Kaap In Gqeberha is ʼn 39-jarige polisiekonstabel Saterdagaand dood toe die polisievoertuig waarin hy ʼn passasier was weens slegte weerstoestande omgeslaan het.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.