Wednesday Jun 26, 2024
Episode 288- Donderdag is D-dag waarop nuwe kabinet moontlik bekend gemaak kan word.
- News 24 berig: Suid-Afrikaners kan binnekort 'n sug van verligting slaak, aangesien president Cyril Ramaphosa na verwagting binnekort sy inklusiewe regering van nasionale eenheid (RNE) kabinet sal aankondig. ’n Bron na aan Ramaphosa, wat nie gemagtig is om met die media te praat nie, het bevestig dat die president na verwagting Donderdag die uiters belangrike aankondiging sal maak.
- Nuusagenda video: #RNE Donderdag is die D-dag waar SA dan waarskynlik gaan hoor wie dien almal in die nuwe kabinet
- Netwerk 24 berig: Gesprekke tussen Ramaphosa, Steenhuisen glo suksesvol Suksesvolle gesprekke tussen pres. Cyril Ramaphosa en John Steenhuisen, leier van die DA, het die hoop laat opvlam dat ’n aankondiging oor die regering van nasionale eenheid (RNE) se kabinet al voor einde vandeesweek gedoen kan word.
- Daar word in sommige kringe selfs verwag dat die aankondiging al Woensdag gedoen kan word en op die laatste Vrydag.
- Ramaphosa en Steenhuisen het Maandag vergader en volgens inligting in albei partye was hul gesprekke suksesvol ná ’n naweek van drama.
- Dit het Saterdag begin met ’n brief waarin die ANC ses kabinetsposte aan die DA aangebied het. Die DA het ’n dag later onder meer op 11 aangedring in wat genoem is ’n poging “om sy spiere te bult ten einde ’n billiker bedeling” te kry.
- Die rand was Woensdag swakker, op koers vir 'n derde agtereenvolgende dag van verliese, met beleggers wat uitkyk vir nuwe verwikkelinge in die plaaslike politieke toneel aangesien 'n kabinetsaankondiging nog gemaak moet word. Die mark wag op leiding deur president Cyril Ramaphosa, terwyl gesprekke oor die RNE voortduur berig Business Live
- SAKP beskuldig DA daarvan dat hy 'vyandige oorname' van regering beplan berig Jacaranda
- News 24 berig: Terwyl die afwagting opbou vir president Cyril Ramaphosa se komende kabinetsaankondiging, word gesê dat die ANC gesprekke met die MK Party en Julius Malema se EFF aan die gang sal sit.
- Die kabinetsaankondiging word vandeesweek verwag, maar agt van die 10 partye binne die RNE het gekies om terug te tree, wat die DA en ANC toelaat om hul geskil oor posisies te besleg.
- Die DA het hofstukke by die verkiesingshof ingedien wat die MK Party se saak teenstaan om die verkiesingsuitslag tersyde te stel berig Times Live.
- Maroela Media berig MKP-LP’s uiteindelik ingehuldig Die 58 LP’s van Jacob Zuma se MK-party (MKP) is uiteindelik Dinsdag as lede van die parlement ingehuldig.
- Uitspraak in die #LifeEsidimeni geregtelike doodsondersoek wat op 28 Junie 2024 gelewer sal word volgens SECTION27 @SECTION27news
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.