Thursday Jul 04, 2024
Episode 292 - – Lesufi verkies ‘n minderheidsregering vir Gauteng. Pluk vir homself ‘n lat.
- Nuusagenda video: #Lesufi kabinet vir Gauteng gaan as minderheid wat regeer gou ontspoor. ANC het 35% steun in verkiesing gekry in Gauteng maar het 73% van die kabinet setels.
- Netwerk 24 berig: Uiteindelik! Lesufi se span sonder DA, maar 3 ander partye betrek
- Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Woensdagaand in Sandton uiteindelik die leierskorps van die Gautengse wetgewer aangekondig. Dit sluit verskeie partye in, maar nie die DA nie
- Lesufi het vroeër die dag by Luthuli-huis, hoofkantoor van die ANC, die media in kennis gestel dat onderhandelinge met die DA skipbreuk gely het.
- “Ons aanvaar die verkiesingsuitslae en dat die kiesers wil hê ons moet saamwerk,” sê Lesufi.
- Volgens hom was die provinsiale regering nog nooit in so ’n posisie nie. Lesufi het alle partye wat deel is van die Gautengse wetgewer bedank vir hul samewerking tydens die onderhandelinge.
- The Citizen berig: Die besluit kom nadat die DA aangekondig het hy sal nie deel van die provinsiale regering van eenheid vorm nie.
- Solly Msimanga, DA Gautengse leier, het bevestig dat die adjunkspeaker van die Gautengse wetgewer, Refileo Ntsekhe, haar bedanking sal aanbied.
- Ntsekhe is verlede maand as adjunkspeaker verkies.
- Die besluit om te bedank kom minder as 'n dag nadat Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Woensdagaand uiteindelik sy nuwe lede van die uitvoerende raad (LUR'e) aangekondig het ná twee skielike uitstel.
- The Citizen berig: Zuko Godlimpi, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, het alle Suid-Afrikaners versoek om hulself met die inhoudelike elemente van die RNE te vergewis.
- Die ANC het kennis geneem van “’n groeiende narratief van onsekerheid” onder Suid-Afrikaners oor beleid in die regering van nasionale eenheid.
- Die ANC het gesê die kommer spruit moontlik uit uitsprake wat gemaak is deur politieke partye, binne en buite die RNE asook 'n onbekendheid met die RNE-beginsels.
- Zuko Godlimpi, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, het Donderdag gesê daar is sekerheid oor die beleidsplatform van die RNE.
- Solidariteit Beweging vestig Afrikanerstigting om buitelandse steun te versnel
- Die Solidariteit Beweging het ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur wat ten doel het om buitelandse steun vir die werk wat die onderskeie instellings van dié beweging doen, te versnel.
- Die Afrikanerstigting sal veral daarop toegespits wees om internasionale steun en erkenning te kry vir Afrikaners se strewe om vry, veilig en voorspoedig, en in wedersydse erkenning en respek vir en met ander gemeenskappe aan die suidpunt van Afrika voort te bestaan. In hierdie verband sal die klem veral gelê word op die werk wat die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging doen.
- Maroela Media berig: Biden sal nie opsy staan, sê Withuis Joe Biden sal hom “absoluut nie” aan die wedloop vir die Withuis onttrek nie ondanks toenemende druk op die president ná sy rampspoedige debatprestasie teen Donald Trump.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.