Tuesday Jul 09, 2024

Episode 293 - Eskom sny krag af om transformators in koue te beskerm

  • Eskom gaan voort met ladingsvermindering berig Maroela Media: Eskom benadruk dat ladingsvermindering en beurtkrag nie dieselfde ding is nie.
  • Netwerk 24 berig Eskom sny duisende se krag in die koue af om transformators te beskerm
  • Gemeenskappe wat hulle skuldig maak aan kragdiefstal gaan kragonderbrekings ervaar, het Eskom Dinsdag gewaarsku.
  • Met die aantog van die winter het die kwessie van netwerk-oorlading weer kop uitgesteek. Die oorlading van transformators noop Eskom om ladingsvermindering toe te pas, het die nutsmaatskappy in ’n verklaring gesê.
  • As gemeenskappe dus nou kragonderbrekings ervaar, is dit nie weens beurtkrag nie, maar weens die ladingsvermindering wat Eskom moet toepas om die netwerk van oorlading te beskerm.
  • Monde Bala, hoof van Eskom se verspreidingsafdeling, waarsku daar is tans 2 111 transformators oor die land heen wat gereeld oorlaai word en die risiko loop om beskadig te word. Daar is ook sowat 900 transformators wat ten duurste vervang moet word.
  • Netwerk 24 berig Nog ’n kouefront op pad Nog ’n kouefront suidwes van Suid-Afrika sal die Wes-Kaap Dinsdagmiddag vroeg tref.
  • Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die kouefront beweeg in ’n oostelike rigting.
  • Dit sal van Dinsdag tot Donderdag sterk winde in gebiede soos Kaapstad, die Kaapse Wynland, die Overberg, Sentraal-Karoo en die Tuinroete veroorsaak. Die winde sal na verwagting ’n spoed van 50 km/h tot 90 km/h bereik.
  • Ontwrigting word van Dinsdag tot Donderdagoggend laat aan die kus tussen Lambertsbaai en Kaap Agulhas verwag, asook Woensdag in Mosselbaai, volgens die weerdiens.
  • Maroela Media berig: Kaapse storms laat talle dakloos Swaar reën en sterk wind wat die naweek in die Wes-Kaap ondervind is, lei tot erge skade aan infrastruktuur terwyl talle mense dakloos gelaat is.
  • Netwerk 24 berig: Wes-Kaapse paaie bly gesluit weens oorstromings Verskeie paaie in die Wes-Kaap is tans gesluit weens voortslepende swaar reën en oorstromings in dele van die provinsie.
  • AfriForum Brandweer help om brand by hospitaal te blus Die nuutgestigte AfriForum Brandweer het op Sondag 7 Julie blitsig gereageer toe ’n brand by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein uitgebreek het. Die brand het ongeveer 15:20 buite die pediatriese-eenheid ontstaan toe bome aan die brand geslaan en na die tweede vloer begin versprei het. ’n Totaal van 83 mense is uit die hospitaal ontruim en daar was geen ernstige beserings of sterftes nie.
  • MK-lid John Hlophe sal weer op die Regterlike Dienskommissie dien berig Pretoria FM
  • Die omstrede MK-lid John Hlophe sal wel op die parlement se Regterlike Dienskommissie (RDK) dien. Dít na die Nasionale Vergadering vanoggend ’n mosie aanvaar het om die nominasies vir die kommissie te bekragtig.
  • Maroela Media berig: McKenzie draai super-fêns se kraan toe Gayton McKenzie het intussen, nes dit ’n goeie minister van sport betaam, begin oefen vir ’n marathon.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125