Wednesday Jul 10, 2024
Episode 294 - “Superaanhangers” se krane word toegedraai
- Maroela Media berig: McKenzie draai super-fêns se kraan toe Gayton McKenzie het intussen, nes dit ’n goeie minister van sport betaam, begin oefen vir ’n marathon.
- Gayton McKenzie steek stokkie voor ‘superaanhangers’ wat SA kos Die “superaanhangers” wat Suid-Afrikaners al tot soveel as R1,4 miljoen vir ’n enkele toernooi aan belastinggeld gekos het, se dae van Wêreldbeker-sportgeleenthede is glo verby.
- Eerste aan die orde van sake vir Gayton McKenzie, nuwe minister van sport, kuns en kultuur, was om ontslae te raak van dié gekuiery langs sportvelde wêreldwyd. “Ek het alle reise vir superaanhangers gestaak,” skryf McKenzie Dinsdag op X. “Ons het atlete en kunstenaars wat sukkel om geld in te samel om sportbyeenkomste en uitstallings by te woon, hoe regverdig ons om vir aanhangers te betaal?
- Charné Mostert video: It's about time!! #mamajoy #superfans #sport #rugby
- Nuusagenda video: #Superfans se krane word toegedraai. #MamaJoy
- Die departement van sport, kuns en kultuur het gedurende 2020-2021 meer as R72 miljoen aan 3962 kunstenaars uitbetaal. Die geld was om die kunstenaars te ondersteun tydens die hoogtepunt van Covid-19-pandemie toe die land in die spervuur was volgens EWN.
- Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur, het gesê Suid-Afrika kan nie daarop aanspraak maak dat hy 'n pro-arm land is as Springbok-toetswedstryde nie deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) uitgesaai word nie berig News 24.
- Maroela Media berig: Hlophe se aanstelling in RDK betwis Die MKP het intussen te velde getrek oor kritiek teen Hlophe. “Ons is bereid en gereed om hierdie Oppenheimer, Stellenbosch, Soros en buitelandse NRO’s aan te pak wie se enigste doel is om die swart Afrika-agenda te ondermyn.”
- Netwerk 24 berig: Organisasies, partye braak gal oor Hlophe se aanstelling in RDK Die omstrede dr. John Hlophe se aanstelling in die Regterlike Dienskommissie (RDK) is heeltemal “onvanpas, irrasioneel en vatbaar vir regsuitdagings”, meen Freedom Under Law (FUL).
- “FUL sal dr. Hlophe se aanwysing as RDK-lid betwis op gronde van rasionaliteit en die oppergesag van die reg,” het Judith February, uitvoerende direkteur van FUL, Dinsdagmiddag gesê.
- Die polisie se portefeuljekomitee het DA-LP Ian Cameron as sy nuwe voorsitter verkies.
- Openbare Werke en Infrastruktuur is deur kubermisdaad getref wat daartoe gelei het dat R300 miljoen die afgelope 10 jaar gesteel is. Die departement sê dit kan toeneem namate ondersoeke voortduur. Die jongste episode het in Mei 2024 plaasgevind, die kuberaanvallers het 'n verdere R24miljoen gesteel sê nuwe minister Dean MacPherson.
- Maroela Media berig: Storms in Wes-Kaap: Talle paaie nog gesluit Die gure weer oor groot dele van die Wes-Kaap duur voort, maar die Stad Kaapstad sê hy het oornag nie enige berigte van skade of weerverwante voorvalle ontvang nie.
- Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se jongste impakwaarskuwing, waarsku teen 'n Vlak 8-waarskuwing is vir ontwrigtende reën Donderdag oor Kaapstad, Drakenstein en Stellenbosch. Die 24-uur reënval van 40 tot 60 mm word verwag, wat 80 tot 100 mm in bergagtige gebiede bereik.
- AfriForum video: AfriForum lewer sedert 2020 weekliks ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein aangesien die Mangaung-metro soms vir weke aaneen nie hierdie diens lewer nie. Die gebrekkige vullisverwydering het veroorsaak dat inwoners van privaat dienste gebruik maak sodat hulle vullis weekliks verwyder kan word
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.