Wednesday Jul 17, 2024
Episode 297 - VBS-skandaal kring wyer uit.
- Maroela Media berig: GEPF-voorsitter ‘móét waai’ ná aantygings van VBS-omkoopgeld
- “Die GEPF is een van die 30 grootste pensioenfondse ter wêreld, en dit is kommerwekkend én onaanvaarbaar dat die voorsitter daarvan by hierdie ernstige bewerings van finansiële ongerymdhede betrek word.”
- Dirk Hermann skryf: As GEPF-voorsitter nie geskors word, gaan ons deur hofaksie dit moet afdwing. Hy is saam met Julius geïmpliseer dat hul oumense se geld by VBS-bank gesteel het. Vertrou hom nie met ons lede se geld as hy geïmpliseer word dat hy ander s’n gesteel het.
- Netwerk 24 berig: VBS-skandaal: Solidariteit eis kop van GEPF-voorsitter Die vakbond Solidariteit het sy stem gevoeg by ’n waghondliggaam oor staatspensioene deur te vra dat Dondo Mogajane as voorsitter van die staatspensioenfonds (GEPF) bedank.
- Dit kom ná aantygings deur ’n veroordeelde bedrieër dat Mogajane omkoopgeld van R1 miljoen ontvang het.
- Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, het in ’n beëdigde verklaring beweer die omkoopgeld is aan Mogajane betaal sodat hy sy invloed sou gebruik om munisipaliteite te oortuig om nie hul beleggings by VBS te staak nie.
- Mogajane was direkteur-generaal van die nasionale tesourie toe die VBS-skandaal in 2018 losgebars het. Hy ontken die bewerings ten sterkste en voer aan dis juis sy en die nasionale tesourie se optrede wat gehelp het dat die skandaal oopgevlek en verdere bedrog en korrupsie gekeer kon word.
- Helgard Cronje @CronjeHelgard op X: As 'n werknemer verdink word van wangedrag kan hulle geskors word hangende 'n ondersoek. Die voorsitter van een van die grootste pensioenfondse ter wêreld word verdink van ernstige korrupsie maar hy gaan net aan.
- Solidariteit gaan ʼn amptelike skrywe aan die minister van finansies rig en versoek dat Dondo Mogajane dadelik van sy pligte as voorsitter van die raad van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) onthef word.
- Maroela Media berig: VBS: ANC sê hy kan nog niemand skors Vure word nog doodgeslaan oor die uitgelekte verklaring van Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van die VBS-bank.
- AfriForum berei voor om aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery teen Julius Malema en Floyd Shivambu, leiers van EFF, in te dien berig die SAUK.
- Newzroom Afrika video: John Steenhuisen, DA-leier, sê die EFF het VBS-geld bestee aan luukse items en sjampanje by die Durban July, en nie aan projekte om die armes op te hef nie. “Dit wys baie duidelik dat EFF geen voorneme het om ’n voorhoede vir die armes te wees nie.”
- Maroela Media berig: AfriForum ‘gerat’ om Eskom-kontrakte bloot te lê “Bewerings van ongerymdhede en korrupsie by Eskom is niks nuuts nie. Inteendeel, die Zondo-kommissie se verslag oor die ondersoek na bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor in 2022 het talle bewyse van korrupsie en onreëlmatige uitgawes in Eskom blootgelê.”
- Charné Mostert video: Siende dat Eskom deur belastingbetalers gefinansier word, is die Suid-Afrikaanse publiek geregtig op die bekendstelling van dié steenkool- en dieselkontrakte 💰
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.