Thursday Jul 25, 2024
Episode 303 - NGV: Nou vir die finale uitklophou om dit te stop
- Dirk Hermann skryf: Solidariteit gee regering se planne om gesondheidsorg te sentraliseer ‘n bloedneus. Nou vir die NGV se finale uitklophou.
- Netwerk 24 berig: Hof trek streep deur artikels wat DG toelaat om voor te skryf waar dokters werk
- Die regering se magte om aan dokters voor te skryf waar hulle moet werk, is nou ongrondwetlik verklaar.
- Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag ’n deel van die huidige Nasionale Gesondheid wet, spesifiek art. 36 tot art. 40, as irrasioneel verklaar en dit uit die wet gesny.
- Regter Anthony Miller het dié artikels, wat bekend staan as die sertifikaat van behoefte (SVB)-skema, as irrasioneel beskryf omrede daar geen verband is tussen die skema, die implementering daarvan en die doel waarvoor dit ingestel is nie.
- News 24 berig: Solidariteit se uitvoerende hoof, dr Dirk Hermann, het gesê die uitspraak regverdig jare se harde werk en volgehoue ondersteuning van die publiek en rolspelers in die mediese bedryf wat die wetgewing teenstaan.
- “Hierdie uitspraak is ’n groot slag vir die hele NGV-idee aangesien die beginsel van sentrale bestuur ’n kern pilaar van die NGV-wet is.
- “ ’n Meer uitgebreide gevolg van hierdie uitspraak met betrekking tot die behoefte sertifikaat is dat dele van die NGV-wet nou waarskynlik ook in beginsel onwettig is.
- “Die NGV in sy huidige formaat kan nie geïmplementeer word nie aangesien die essensie van die NGV sentrale beplanning is – en dit is nou ongrondwetlik bevind,” het Hermann gesê.
- Solidariteit loods “Jy hoort hier!” veldtog. Dirk Hermann skryf: Jy hoort hier! | Maroela Media Ek is deel van ʼn Trekkergeslag met my gesig na Afrika. Hulle dog Boer is ʼn skeldnaam, maar ek dra dit met trots diep in my hart.
- Zizi Kodwa bedank as ANC-LP uit die parlement.
- Netwerk 24 berig: EFF-raadslid wil graag ’n ‘boer moer’ Hy wil graag ’n “boer moer” omdat hy die “bloed van ’n Afrikaner soek”, sê ’n EFF-raadslid van die Tshwane-metroraad.
- Obakeng Ramabodu het Donderdag ’n rumoerige raadsvergadering ingelui met bewerings dat Cilliers Brink, burgemeester, nie respek vir swart mense het nie en dat Tshwane “deurtrek is van rassisme”.
- Ramabodu beskuldig Grandi Theunissen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, daarvan dat hy swart mense in sy kantoor afgedank en met “Afrikaners” vervang het.
- Netwerk 24 berig: Brink na MRK oor 'gruwelike haatspraak' Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, wil die Menseregtekommissie (MRK) nader oor die "gruwelike haatspraak" wat Donderdag in 'n stadsraadvergadering gehoor is.
- Dit volg op 'n rumoerige vergadering waar Obakeng Ramabodu van die EFF onder meer gesê het hy wil "graag 'n Boer moer" omdat hy die "bloed van 'n Afrikaner soek".
- Raadslede van die EFF en ANC is omgekrap omdat hulle meen Brink is in openbare uitsprake neerhalend teenoor swart mense en gee voor hulle is "inherent korrup en dronklappe".
- SANW lei nou wagte vir verkeer- en misdaadvoorkoming in Gauteng op berig Defence Web
- Maroela Media berig: Kaapstad oor nóg reën gewaarsku Kapenaars het die afgelope twee dae sonskynweer geniet ná gietende reën, maar Woensdagoggend weer met eendeweer wakker geword.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.