Friday Jul 26, 2024

Episode 304 - “Moer ‘n Boer” – Gaan die MRK iets doen teen die haatspraak?

  • Netwerk 24 berig: EFF-lid wil ‘Boer moer’: DA en VF Plus wil hom laat aankla Die DA en VF Plus wil ’n EFF-raadslid strafregtelik laat aankla wat Donderdag op ’n rumoerige stadsraad vergadering in die Tshwane-metro gesê het hy wil graag ’n “Boer moer” omdat hy “die bloed van ’n Afrikaner” soek.
  • Die vergadering was deurentyd chaoties omdat die ANC en EFF se raadslede geweier het dat Cilliers Brink, burgemeester, enigsins praat. Die vergadering is tot verdere kennisgewing uitgestel.
  • Hoewel Obakeng Ramabudo, bra teësinnig, om verskoning gevra het vir sy Boer-uitlating, wil die DA nogtans met stappe teen hom voortgaan en hom ook by die Menseregtekommissie (MRK) verkla.
  • “Dat hy om verskoning gevra het, maak nie sy haatspraak ongedaan nie,” sê Willie Aucamp, woordvoerder van die DA.
  • Maroela Media berig: DA MRK toe oor EFF-lid wat wil ‘boer moer’ Hy wil ʼn ‘boer moer omdat hy die bloed soek van ʼn Afrikaner’, het ʼn EFF-raadslid Donderdagmiddag in ʼn Tshwane-raadsvergadering gegil.
  • Maroela Media berig: ‘Jy sal nie só met die Afrikaner praat’ “Die VF Plus sal nie toelaat dat die Afrikaner op hierdie wyse verneder en gedreig word nie.”
  • Kyk ook na die video: MorningShot video: EFF's OUTRAGEOUS call for Violence | "Craving to Moer an Boer"
  • Die SAPD berig via ‘n mediaverklaring: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Mpumalanga het saam met die ProvJOINT-struktuur, insluitend die departement van binnelandse sake en ander rolspelers soos Polisie-intelligensie, 'n vermoedelike militêre opleidings basis in Witrivier ontbloot en 95 buitelandse burgers in verband met die ontdekking.
  • Netwerk 24 berig: AfriForum kap staat se waterplan Die burgerregteorganisasie AfriForum het die dept: water en sanitasie se waterplan, gekritiseer omdat dit hoofsaaklik klem lê op grootmaatwaterprojekte sonder om aandag te gee aan die opknapping van munisipale verspreidingsnetwerke.  
  • Maroela Media berig: Rasherrie by Pta-skool: Ondersoek eerder departement se ‘boeliegedrag’ ʼn Gautengse prokureur vra daar moet ernstig gekyk word na die provinsiale departement van onderwys oor hoe hulle 12 leerders van die Pretoria High School for Girls hanteer het.
  • Die Olimpiese spele begin vanaand in Parys, Frankryk. Netwerk 24 berig Veiligheid nog verder opgeskerp ná aanval op treinstelsel Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar vir die gekoördineerde aanvalle op Frankryk se hoëspoed-spoornetwerk nie.
  • Maroela Media berig: Stormweer: Kaapstad bekommerd oor begrafnisse dié naweek
  • “Ons spanne is byderhand om te verseker bedrywighede verloop so glad as moontlik onder die omstandighede, maar as die voorspelling hou, sal daar waarskynlik ʼn impak wees.”

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125