Tuesday Jul 30, 2024

Episode 306- Gaan Jacob Zuma die laaste spyker in die ANC kis slaan ?

  • Maroela Media berig: ‘Zuma wou fliek voor Luthuli-huis hê’ – Mbalula
  • Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, waarsku dat oudpres. Jacob Zuma se retoriek gevaarlik is en maatskaplike onrus kan aanwakker.
  • Die ANC het bevestig dat hy teen April-uitspraak van die hooggeregshof in Durban wat die MK Party toegelaat het om die Umkhonto Wesizwe-naam en die huidige logo te gebruik, sal appelleer. Die aansoek om verlof om teen die saak te appelleer word Donderdag in Durban aangehoor.
  • EWN berig: Jacob Zuma is deur sy Nasionale Dissiplinêre Komitee van die party geskors vir wangedrag wat verband hou met die ondersteuning van 'n ander politieke organisasie tydens die verkiesing terwyl hy nog 'n ANC-lid was.
  • Die politieke ontleder, Prins Mashele, het gesê Zuma het 'n duidelike strategie gehad." Hy wou hê die ANC moes hom voor die verkiesing aan 'n openbare dissiplinêre proses onderwerp en hy het dit nie gekry nie.”
  • Mashele het gesê die skade is aangerig. "Zuma het die ANC groot skade aangerig - daar is geen twyfel daaroor nie. So gaan die ANC in die toekoms, sal die ANC sy wonde moet lek. Ek sien eintlik nie die ANC kom hiervan terug nie. Ek dink dit is die einde van die ANC en wanneer ons die laaste hoofstuk oor die geskiedenis van die ANC skryf, sal ons aanteken dat die persoon wat die laaste spyker geslaan het, Jacob Zuma was.”
  • Volslae krisis landwyd by vullisterreine – AfriForum-verslag onthul omvang van verval
  • AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekend gemaak en opnuut Suid-Afrikaners se aandag daarop gevestig dat weinig munisipaliteite gehoor gee aan die relevante afvalbestuurswetgewing wat bedoel is om die omgewing teen besoedeling en gemeenskappe se gesondheid te beskerm. Die verval van vullisterreine neem toe en is so omvangryk dat, hoewel AfriForum vanjaar 28 meer terreine geoudit het as verlede jaar, selfs minder vullisterreine vanjaar dié onafhanklike oudit kon slaag. Die oorgrote meerderheid (85,8%) van dié terreine het nie eens aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen nie. Lees die ouditverslag hier. Kyk ook vanaf vullisterrein in Bethal Live video: Dit is 'n vrot spul!
  • Statistiek SA: Suid-Afrika se bevolking is meer as 63 miljoen, volgens die jongste bevolkings beramings in die middel van die jaar vir 2024. Die data toon dat meer as die helfte van die bevolking vroulik is, altesaam sowat 32 miljoen mense.
  • Maroela Media berig: Goue swemkoningin wys haar slag Suid-Afrika het vanaand in die pylvak van die 100 m-borsslageindronde sy asem ingehou terwyl Tatjana Smith na goud gestrek het. En goeiste; sy het beslis nie teleurgestel nie!
  • Landboucom berig: Tot 500 mm winterreën val al in Julie – nóg kom in Augustus
  • Dele van die Kaapse Wynland, die Kaapse Metropool en aangrensende dele het alreeds net in Julie vanjaar tot 100% van hul jaarlikse totale reënval aangeteken, en nóg goeie reën word vir Augustus voorspel.
  • Heelparty plekke in die Wynland, die Kaapse Metropool en die aangrensende gebiede het sedert die begin van Julie meer as 400 mm en selfs plek-plek meer as 500 mm reën aangeteken.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125