Wednesday Jul 31, 2024

Episode 307 - Pretoria Girls High skoolhoof word geskors.

  • Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: Mev Erasmus, Solidariteit sal u graag verteenwoordig. Hierdie is ‘n groter stuk onreg.
  • Maroela Media berig: Hoof geskors ná rasherrie by Pta-skool Skoolhoof Phillipa Erasmus is voorlopig geskors hangende ʼn ondersoek dat sy klagtes van leerders verontagsaam het.
  • Richard Wilkinson verduidelik aan Sara Gon op Chai FM wat gebeur by Pretoria High School for Girls.  Luister na die onderhoud om die kwessie te verstaan.
  • Netwerk 24 berig: KYK | Hoof van Pta Girls’ High tydelik geskors ná rasseherrie
  • Die skoolhoof van die Pretoria High School for Girls is tydelik geskors te midde van die polemiek oor beweerde rasse-kommentaar wat leerlinge van die skool op ’n WhatsApp-groep gelewer het.
  • Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag tydens ’n besoek aan die skool aangekondig dat Phillipa Erasmus, die skoolhoof, van Dinsdag af vir 90 dae geskors word. Die skorsing word as voorsorgmaatreël gedoen ingevolge die Wet op Indiensneming van Opvoeders (Wet 76 van 1998).
  • Dit volg ná bewerings dat ’n vermeende rassevoorval verlede jaar onder die skoolhoof se aandag gebring is, maar dat sy versuim het om daarop te reageer. Die departement het op 19 Julie ’n ondersoek na dié bewerings van stapel gestuur.
  • “Die skoolhoof sal geskors wees totdat die dissiplinêre proses van die 12 geskorste leerlinge afgehandel is. Ons verwag die proses kan tot drie maande duur. In hierdie tyd mag die skoolhoof nie kommunikeer met enige personeellid, leerling of ouer nie,” sê Chiloane. Die departement sal ’n adjunkhoof vir hierdie tydperk aanwys om die leisels by die skool oor te neem.
  • Volgens Chiloane word ander leerkragte ook deur die departement ondersoek. Netwerk24 het vroeër berig die 12 leerlinge het Vrydag skorsingsbriewe ontvang weens beweerde rassistiese kommentaar wat hulle glo op ’n WhatsApp-groep gelewer het. Agt van die 12 leerlinge was op die leerlingraad, maar hul balkies is ná die skorsing – saam met hul voordele as leerlingraadslede – verwyder. Van die leerlinge is in matriek.
  • Richard Wilkinson @wilkinsoncape skryf: Ten spyte van duidelike bewyse van aanvalle met voorbedagte rade wat sedert ten minste Februarie op wit leerders en personeel beplan word, gaan die pers voort met die Gautengse onderwysdepartement se blatant valse vertelling.
  • Lees volledige ontleding: HOW WHITE CHILDREN AND TEACHERS ARE BEING SYSTEMATICALLY TARGETED AND ABUSED AT PRETORIA HIGH SCHOOL FOR GIRLS by RICHARD WILKINSON
  • Netwerk 24 berig: Geskorste meisies se WhatsApp-groep bevat ‘g’n rassistiese taal’ – prokureur ’n Prokureur wat ses van die 12 geskorste meisies van die Pretoria High School for Girls verteenwoordig, sê daar is geen taal in hul WhatsApp-groep gebruik wat hoegenaamd as rassisties of aanstootlik beskou kan word nie.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125