Thursday Aug 01, 2024

Episode 308 - Word 'n toekomsbouer. Akademia kampus bekendgestel.

  • Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton het vandag op 1 Augustus die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel. Dié kampusprojek is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig ’n groot historiese keerpunt om die volhoubaarheid van hoër onderwys in Afrikaans te verseker.
  • Belê in die volhoubaarheid van Afrikaanse hoër onderwys. Besoek https://www.toekomsbouer.co.za Kyk ook Video: Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling
  • Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, sê die nuwe kampus is nie net ʼn studietuiste vir studente nie. Dit moet ook ʼn tuiste vir die gemeenskap wees. Volgens hom speel die gemeenskap speel ʼn kardinale rol in die sukses van die nuwe kampus.
  • Susan Lombaard skryf: “Hier waar ek in my eie taal my droomtoekoms kan bepaal…” Die droom van ‘n Akademia-kampus word van vandag af ‘n realiteit. In 2028 kan ons seun in sy eie taal op hierdie kampus studeer. Soveel redes om te bly.
  • Kyk: ‘Monumentale kampusontwikkeling’ bekendgestel berig Maroela Media. “Dié is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap”
  • Maroela Media berig: MRK gryp in oor beweerde rasvoorvalle by skole “Dit is ontstellend dat hierdie voorvalle 30 jaar ná demokrasie voortduur. Dit is meer ontstellend om te sien dat drie van hierdie voorvalle na bewering in skole plaasgevind het.”
  • Maroela Media berig: Nóg ’n leerder van Pta-skool geskors ’n Matriekleerder aan die Pretoria High School for Girls is Woensdag geskors oor uitlatings met ’n vermoedelike “rassistiese ondertoon”.
  • AfriForum video: Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag.
  • AfriForum verwelkom behoud van Media24-joernaliste se poste – beklemtoon waarde van openbare druk AfriForum het die nuus verwelkom dat 66 joernaliste uit die sowat 400 wat volgens aanvanklike berigte by Media24 hulle werk sou verloor, wel hulle poste sal behou. Die feit dat die behoud van die titels Beeld en Rapport ook heroorweeg word, al is dit net aanlyn, is ook as goeie nuus beskryf.
  • Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit noodsaaklik vir die voortbestaan van gehalte joernalistiek in Afrikaans dat hierdie gesoute mediamense se ervaring en kundigheid behou moet word. Die heroorweging van Media24 se besparingstappe bewys volgens haar ook weer die waarde van druk van die burgerlike samelewing om te verseker dat hulle belange nie in die gedrang kom nie.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125