Friday Aug 02, 2024

Episode 309 - Akademia se R3,2-miljard private Afrikaanse universiteitskampus planne bekend gestel

  • Dirk Hermann skryf: Dis ‘n reuse vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Kanton ontwikkel nie net die reuse projek nie, maar fasiliteer ook die vennootskap tussen kultuur en kapitaal.
  • Solidariteit berig: Enig in sy soort – Afrikaanse tuiste vir studente word bekendgestel Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, wat deel is van die Solidariteit Beweging, het pas sy nuwe kampusontwikkeling vir Akademia in Pretoria aangekondig.
  • Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het by die bekendstellingsfunksie genoem dat die projek die grootste in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap is.
  • Alida Kok skryf: Die grootste bouprojek, sonder staatsgeld, uit die Afrikaanse gemeenskap ooit. R3,2 miljard. Bene van finansiering wat eie fondse, lenings, skenkings en beleggings insluit. ‘n Afrikaanse universiteit. Januarie 2028. Video: Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling
  • Maroela Media berig ‘Kinders se kinders’ sal nog by Akademia-kampus baat Wanneer die tweede fase van die projek later voltooi word, sal dit alles van ʼn kapel tot ʼn proefplaas insluit.
  • AfriForum skryf: Akademia het die aanbou van ’n splinternuwe kampus aan die ooste van Pretoria aangekondig. Die deure van hierdie kampus sal in Januarie 2028 geopen word en daar sal uiteindelik plek wees vir 5 000 voorgraadse en 1 500 nagraadse studente. Dié R3,2 miljard-projek sal ook voorsiening maak vir 1 500 studente om in koshuise op kampus te bly en vir die aanbied van verskeie sportgeleenthede by die wêreldklassportgeriewe.
  • Uit die argiewe van 10 jaar gelede. “Ons gaan volstoom voort” was Flip Buys se woorde toe Blade Nzimande Akademia wou toemaak omdat dit Afrikaans is. Net soos wat Akademia gebou word moet ons nuwe besighede bou. Die politieke klimaat begin draai om dit meer moontlik te maak. Akademia: “Ons gaan volstoom voort” | Maroela Media Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Sondag aan Maroela Media gesê hulle gaan volstoom voort met Akademia, ondanks minister Blade Nzimande se uitlatings.
  • Netwerk 24 berig Jong mense op soek na werk: Indiensneming daal nou al 20 j. in álle provinsies Die indiensneming van jong mense in Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar in alle provinsies gedaal – met beduidende dalings wat in Gauteng en die Wes-Kaap gemeet is.
  • ’n Verslag van Statistieke Suid-Afrika (SSA) getiteld “Jeug in Suid-Afrika 2024” toon die totale aantal Suid-Afrikaners van 15 tot 34 jaar oud het van 1996 tot 2022 van 14,7 miljoen tot 21,6 miljoen gestyg. Dit verteenwoordig ’n styging van 38,6% oftewel 6,9 miljoen mense.
  • Gauteng het die hoogste absolute én persentasiegroei in jeugbevolking ervaar, met ’n styging van 2,5 miljoen mense, oftewel 58,2%.
  • Sol-Tech #SeptemberOpedag Neem jou toekoms na nuwe hoogtes en woon die Sol-Tech-opedag op 13 en 14 September 2024 by.Onthou om vooraf te registreer: https://sol-tech.co.za/opedag/
  • Sol-Tech | Promoveringsplegtigheid foto’s: 158 van Sol-Tech se studente het vanmiddag tydens die promoveringsplegtigheid na die volgende fase van hul studies beweeg.Baie geluk aan elkeen van julle, julle maak ons trots!#SolTech #Promoveringsplegtigheid #MySolTech

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125