Monday Aug 05, 2024
Episode 310 - Spanning in RNE met ANC en DA wat mik na verskillende uitkomste
- Die RNE word deur die ANC gesien as 'n antwoord op sy herlewing. Dit word ook deur die DA beskou as 'n geleentheid om munt te slaan uit die onherroeplike agteruitgang van die ANC. Dui op 'n wan belyning in hul strategieë.
- Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het onstabiele en wanfunksionele munisipaliteite geïdentifiseer as een van die “swakhede” wat bygedra het tot ’n afname in die party se verkiesingssteun berig News 24.
- Maroela Media berig: ‘Ons moet beter, nie bitter wees’ – Ramaphosa oor ANC Volgens pres. Cyril Ramaphosa bevind die ANC hom in een van die ernstigste en uitdagendste oomblikke in sy 112 jaar van bestaan, maar moet dit as ʼn wekroep eerder as ʼn nederlaag beskou word.
- Newzroom Afrika @Newzroom405 video: Die ANC het sy dalende verkiesingssteun toegeskryf aan stamverband en die ontstaan van die MK Party. Die politieke ontleder Thobani Zikalala merk op dat die ANC dikwels eksterne faktore blameer wanneer interne kwessies opduik.
- Netwerk 24 berig: NGV: Slagordes word tussen klasse opgestel, sê SAKP ’n “Regsoorlog” dreig teen Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Daarmee wil diegene wat “wins bo gesondheid ag”, die instelling van NGV vertraag of dit selfs heeltemal stopsit, sê Solly Mapaila, SAKP-sekretaris.
- Hy het Sondag in sy hoofrede op die party se 103de bestaansjaarvieringe oor die regering van nasionale eenheid (RNE) gesê die SAKP bebou hom die reg voor om enige verskuiwing van beleid na regs teen te staan.
- Netwerk 24 berig: Koos Malan: Kan die verlies aan regeringsvermoë herstel word? Namate rolspelers soos die DA en die private sektor meer betrek word in die opbou van die vermoë om te regeer, plaas dit die ANC toenemend in ’n moeilike situasie, skryf Koos Malan.
- Flip Buys skryf in BizNews: Tien slaggate wat SA se RNE moet vermy. Die verkiesingsuitslae is ’n weerspieëling van breë eensgesindheid dat die ANC nie met regerings mag op sy eie vertrou word nie, en dat daar magsdeling met ander partye moet wees. Dit is simbolies en betekenisvol dat hierdie magsverskuiwings plaasgevind het ná drie dekades van ANC-bewind, en spruit uit die swak uitkoms van die afgelope 15 jaar.
- Spanning tussen Iran en Israel bou op.
- Netwerk 24 berig: JSE laer, rand swakker, saamgesleep deur vrees oor resessie in VSA Die indeks vir alle aandele op die JSE het Maandagoggend vroeg skerp gedaal, saamgesleep deur die vrees onder beleggers dat Amerika ’n resessie gaan beleef.
- Oorsese markte het nog skerper gedaal terwyl beleggers na veilige hawens gevlug het, met risikovermyding wat verder versprei het. Sommige berigte het na paniekverkope verwys.
- Die Boran-bul Cyclone BH 18 749 is Saterdag vir 'n rekordprys van R8 miljoen op die Hurwitz Farming 10de Produksieveiling, wat by die Bull Ring in Davel, Mpumalanga, gehou is, verkoop berig Farmers Weekly.
- Kallie Kriel @kalliekriel skryf: Wil jy weer weerbulletins kyk wat deur ’n mens aangebied word? Dankie aan Vox Weather wat daagliks ’n weerbulletin in Afrikaans aan @AfriForumTV beskikbaar stel!
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.