Wednesday Aug 07, 2024
Episode 312 - Massiewe promosietoer moet NGV weer op koers kry. Minister beplan praat en uitrol strategie.
- Nuusagenda video: Terug tekenbord vir die ANC met hul NGV planne.
- Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sê hy sal ’n "massiewe promosietoer" oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) begin om alle belanghebbendes te ontmoet om hul bekommernisse te begryp en uit te vind watter soort universele gesondheidsdekking hulle aanvaarbaar sal vind berig News 24.
- Die artikel wys verder uit dat Motsoaledi sal begin om Artikel 57 van die NGV-wet te implementeer, wat handel oor oorgangsmeganismes wat die NGV sal vereis.
- Motsoaledi se aankondiging dat hy nou wyd oor die NGV-wet gaan konsulteer, is 'n groot verandering in sy standpunt. Daar was uitgebreide konsultasie in die aanloop tot die wetgewing van die NGV-wet, insluitend openbare verhore deur beide huise van die Parlement en intense steunwerwing deur belanghebbendes, insluitend die SA Mediese Vereniging, die Raad van Gesondheidsorgfondsers en Business Unity SA (BUSA).
- ‘n Praat en uitrol strategie word beplan. BusinessTech berig: Motsoaledi het gesê hoewel meer konsultasie rondom die NGV in die pyplyn is, het die regering steeds volle voorneme om artikel 57 van die NGV-wet te implementeer, wat verband hou met die “oorgangsreëlings” vir die tydlyne vir die implementering van die wette.
- Netwerk 24 berig: Hofsake kan NGV vertraag, maar sal dit nie keer, sê Motsoaledi Hofsake teen die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kan die inwerkingstelling daarvan vertraag, maar dit sal nie die regering van stryk bring om daarvoor te begin voorberei nie, sê dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid.
- “Litigasie op enige plek vernietig wat ’n mens beplan. Jy weet nooit nie, maar daardie moontlikheid is baie hoog. Ons sal egter nie ophou voorberei nie.”
- Hy het dit Dinsdagmiddag as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) op ’n nuuskonferensie gesê waar hy en ander ANC-hooggeplaastes van die besluite van hul NUK-lekgotla in Boksburg bekend gemaak het.
- Maroela Media berig: Duisend miljard vir NGV? Wat die staat waar kry? “Ons vra weer eens vir pres. Cyril Ramaphosa en die nasionale tesourie om te verduidelik hoe die NGV gefinansier gaan word.”
- Solidariteit mediaverklaring: NGV: Motsoaledi se somme klop nie Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan nie nét gesondheidsorg in Suid-Afrika benadeel nie, maar gaan selfs armoede in die land verder laat uitkring. Solidariteit laat die soeklig opnuut op waarhede soos dié val ná ondeurdagte uitsprake van die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, na afloop van die ANC se lekgotla van sy uitvoerende komitee in Boksburg.
- Volksblad berig op sy voorblad: Medici wat oorsee studeer, dop tuis Nadat die Vrystaatse regering honderdmiljoene rande bestee het om studente van oor die provinsie heen na Rusland, China, Indië en Portugal te stuur vir mediese studies, kon die meeste van hulle nie die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (SARGB) se eksamen slaag nie.
- Hulle kan dus nie hul internskappe in Suid-Afrikaanse staatshospitale doen nie.
- Die gevolg is dat die afgestudeerde dokters, professionele verpleeglui en mediese tegnoloë al enigiets van een jaar tot vier jaar tuis sit sonder werk en ’n inkomste.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.