Tuesday Aug 13, 2024

Episode 314 - Werkloosheid wat styg wys ANC vergiftig SA met toksiese beleid.

  • Werkloosheidskoers styg met 0,6% tot 33,5% in die tweede kwartaal.
  • Netwerk 24 berig: Beleid soos SEB, regstellende aksie sal van krag bly, sê ANC Omstrede ANC-beleid soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) bly in die nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) steeds van krag.
  • Maroela Media berig: RNE verander niks aan buitelandse beleid – Lamola “Internasionale betrekkinge is nie abstrak nie; dit raak ons in ons alledaagse lewe,” sê minister Roland Lamola.
  • Netwerk 24 berig: SA se buitelandse beleid verander nie onder RNE – Lamola
  • Suid-Afrika se bestaande buitelandse beleid sal nie onder die regering van nasionale eenheid (RNE) verander nie, sê Ronald Lamola, minister van internasionale betrekking en samewerking.
  • Hy het Maandag dié versekering gegee op ’n mediakonferensie saam met bestuurders van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) oor die jongste internasionale gebeure.
  • Volgens Lamola het al tien partye in die RNE ooreengekom om saam te werk om Suid-Afrika se dwingendste probleme op te los.
  • Netwerk 24 berig: Theuns Eloff: RNE begin reeds iets vir gewone mense vermag ’n Paar lentebloeisels maak nie ’n somer nie, maar die regering van nasionale eenheid begin vroeë vrugte wys, skryf Theuns Eloff.
  • Daar was die afgelope weke etlike mediaberigte oor die probleme wat die regering van nasionale eenheid (RNE) in die gesig staar – van openbare verskille tussen leiers van die ANC en die DA, tot dele van die ANC-leierskap wat brom dat ANC-ministers deur ander kabinetslede van die RNE in die skadu gestel word.
  • Een van die bekommernisse oor die RNE is dat die vennote ideologies te ver van mekaar af is – en dit is waar. Die ANC, DA, PAC en die VF+ kom kwalik uit dieselfde stal. In ’n verklaring in Julie het die ANC by monde van Zuko Godlimpi daarop gewys dat bestaande (ANC)-beleide in plek bly en dat daar oor enige veranderinge of nuwe beleid konsensus of voldoende konsensus van 60% moet wees. Groot beleidsveranderinge sal waarskynlik tot 2029 moet wag, wanneer die ANC nie meer deel van ’n regerende koalisie sal wees nie. Intussen bly die Grondwet darem ’n gedeelde fondament.
  • ’n Hofsaak deur oudpresident Jacob Zuma en die MK Party om die SAUK te keer om die term “regering van nasionale eenheid” te gebruik, is tot Donderdag uitgestel.
  • Kabelo Gwamanda, burgemeester van Johannesburg, het bedank. In 'n verklaring wat Dinsdagoggend uitgereik is, het Gwamanda gesê hy het sy bedanking by die raadspeaker ingedien berig News 24.
  • Volgens die Oos-Kaapse LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, Sibulele Ngongo, moet Oos-Londen nou Gompo word. AfriForum beskou die voortgesette verandering van plekname as 'n duur oefening waarmee swak presterende owerhede dikwels die illusie probeer skep dat hulle met effektiewe bestuur besig is

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125