Friday Aug 16, 2024

Episode 317 - Floyd na MK. Word die tafel gedek vir groter samewerking?

  • News 24 berig: Die uittrede van Floyd Shivambu uit die EFF is waarskynlik deel van 'n groter plan deur die sogenaamde progressiewe koukus om mag te konsolideer voor die 2026 en 2029 verkiesings.
  • Maroela Media berig: MKP verwelkom nuwe kamerade Shivambu, Manyi
  • Die twee voormalige EFF-lede sal voortaan “volgens hul sterk punte en ervaring” in die MKP ontplooi word.
  • Beeld berig op sy voorblad: Malema bang EFF oorleef nie ná Shivambu se bedanking
  • Vertrouelinge van oudpres. Jacob Zuma in die EFF sê hulle beplan nie om die party te verlaat nie. Julius Malema, EFF-leier, meen egter Floyd Shivambu se bedanking as EFF-onderleier het die party in ’n oorlewingstryd gedompel.
  • Hy glo baie ander partylede sal Shivambu na Zuma se MKP volg. Malema het gepraat kort nadat Shivambu op dieselfde mediakonferensie by die EFF se hoofkantoor in Johannesburg aangekondig het dat hy die EFF ná meer as ’n dekade vir die MKP verruil.
  • Vroeër vandeesweek het ook Mzwanele Manyi as EFF-LP bedank om die geledere van die MKP aan te vul. Twee vertrouelinge van Zuma in die EFF, die LP’s Carl Niehaus en adv. Busisiwe Mkhwebane, uitgeskopte openbare beskermer, het by navraag gerugte ontken dat hulle van plan is om die party te verlaat.
  • Niehaus sê die gerugte is “kwaadaardige en blatante leuens” en “fopnuus”. “Ek bly ’n lojale lid van die EFF en ek het geen rede om eens vaagweg die moontlikheid te oorweeg om die EFF te verlaat nie.”
  • Malema sê hoewel hy nie ’n lys name kan verskaf nie, is dit sy verwagting dat baie mense die party gaan verlaat. Shivambu se bedanking het hom onkant betrap, sê hy, en “as ek nie van Floyd geweet het nie, kan jy jou voorstel oor die ander? Want ek is nader aan Floyd as aan enigiemand anders. So, as ek nie geweet het van Floyd nie, kan jy verwag daar sal ander wees.”
  • Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder aan die Nelson Mandela-Universiteit, meen die vertrek van sowel Shivambu as Manyi is ’n groot terugslag vir die EFF. “Die party is besig om te bloei.”
  • Daily Maverick skryf: Floyd Shivambu se Donderdag-aankondiging dat hy sy pos as adjunkleier van die Economic Freedom Fighters verlaat, is die grootste skommeling sedert die EFF se bekendstelling 11 jaar gelede. Hoe goed sal hy by sy nuwe party van Zoeloe-tradisionaliste aanpas?
  • Musiekvideo: Ruhan, Solidariteit sê ‘Jy hoort hier’ | Maroela Media. Die inspirerende lied bevestig Afrikaners se herkoms én hul toekoms.
  • Video | Dricus, Ricus en Bokke vang gees in Perth-toria Almal, van Siya Kolisi tot Eben Etzebeth en Jo Black sing saam op die maat van die treffer ‘Hardekole’ terwyl daar in Perth gees gevang word voor die naweek se groot aanslae in Australië.
  • Byt & Buskruit video: Dricus du Plessis jag 'n buffel saam met Adam Tas by Nahla . Wêreldkampioen, Dricus du Plessis, jag 'n buffel saam met Adam Tas net voordat hy sy huidige titel teen Isreal Adesanya gaan verdedig | BYT & BUSKRUIT |

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125