Monday Aug 19, 2024
Episode 318 - Reuse wen vir AfriForum in appèlaansoek oor munisipale kragtariefverhogings
- NERSA kry bloedneus in appèlaansoek oor munisipale kragtariefverhogings
- Miljoene kragverbruikers sal baat by beslissing – AfriForum
- ’n Reuseoorwinning in die belang van miljoene munisipale kragverbruikers is, volgens die burgerregteorganisasie AfriForum, vandag in die Gautengse Hooggeregshof behaal. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se planne om onregmatige en ongeldige munisipale kragtariefverhogings deur te druk, is vanoggend in die wiele gery toe hul aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.
- Dit volg nadat die hooggeregshof in Junie vanjaar in AfriForum se guns beslis het en bevestig het dat NERSA se besluit om munisipaliteite se aansoeke om kragtariefverhogings sonder die vereiste kostestudies te oorweeg, onregmatig én ongeldig is.
- Wetgewing oor regulering van krag verwelkom | Maroela Media “Dis tektoniese kragplate wat geskuif het. Die toekoms van volhoubare energie lê nie meer net in die hande van die regering nie. Die energiemengsel in Suid-Afrika gaan oor die volgende dekade drasties verander.”
- Kragnetwerk: Nuwe wet beloof ‘laer pryse, energiesekerheid’ President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulasie onderteken, wat ingrypende hervormings in Suid-Afrika se elektrisiteitsektor insluit.
- Lof en kritiek ná ondertekening van krag-wysigingswet Die ondertekening van die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering is met lof en kritiek ontvang, met die DA wat meen dit strek nie ver genoeg nie en die EFF wat sê dit het ten doel om Eskom aan die hoogste bieër te verkoop.
- Dirk Hermann skryf: Suid-Afrika se kragmark is nou oop vir groter mededinging. Cyril Ramaphosa het die Wysigingswet oor Elektrisiteitsregulering geteken. In kort maak dié Wet vir ‘n kragmark, amper soos die Boeremark, voorsiening. Kragprodusente kan hulle ‘produk’ verkoop en ‘verbuikers’ kan op groot- en kleinskaal koop. Op die langertermyn behoort dit ook ‘n positiewe invloed op prys te hê. Die toekenning van lisensies om te kan opwek word ook versnel.
- Dit kom ten tye van Eskom se skokaansoek vir kragverhogings. Iets wat geen Suid-Afrikaner kan bekostig nie. Die verbreking van die monopolie en kragkompetisie is die enigste manier om prysskokke op die langertermyn te tem.
- Die ondertekening is nie ‘n klein dingetjie nie. Dis tektoniese kragplate wat geskuif het.
- News 24 berig: Thoko Didiza, speaker van die Nasionale Vergadering, het ingestem tot die DA se versoek dat die Parlement Eskom se voorgestelde 36%-elektrisiteitstariefverhoging aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) bespreek.
- News24 het verlede week berig die DA het nie net Eskom se voorgestelde elektrisiteitsverhoging verwerp nie, maar sy burgemeesterskoukus het ook aan die reguleerder geskryf om sy minagting te opper.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.