Tuesday Aug 27, 2024

Episode 322 - Die 44% Eskom skok versoek vir 'n verhoging

  • Engineering News berig: Nersa beloof 'grootste deursigtigheid' na bevestiging van ontvangs van Eskom se MYPD6-voorlegging
  • Netwerk 24 berig: 44% meer vir krag? Nersa ontvang Eskom se aansoek – nou wag die land
  • Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het Dinsdag aangekondig dat hy Eskom se tariefaansoek vir die volgende drie boekjare ontvang het, waarvolgens kragtariewe in die eerste boekjaar met byna 44% kan styg.
  • Die omstrede sesde weergawe van die veeljarige prysbepalingsdokument (MYPD6) behels Eskom se verlangde inkomstestygings vir die 2025-’26-, 2026-’27- en 2027-’28-boekjaar.
  • Eskom doen hiervoor aansoek om sy stygende koste van kragopwekking te dek asook sy mikpunt om op te vang ná jare waarin hy “onderverhalings” weens Nersa se besluite ervaar het.
  • AfriForum sál optree as NERSA ’n irrasionele tarief goedkeur Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hy sal deelneem aan die openbare raadplegingsproses om die implementering van ’n irrasionele kragtariefverhoging te verhoed en is ook gereed om regstappe te doen indien die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) sou besluit om Eskom se aansoek om ’n buitensporige tariefverhoging in te stel. Volgens berigte versoek Eskom ’n tariefverhoging van 36%.
  • NERSA het gister aangedui dat hy Eskom se aansoek vir tariefverhogings vir die 2025/2026-, 2026/2027- en 2027/2028-boekjare ontvang het. Voorgeskrewe prosesse, insluitend die bepaling of daar aan al die regulatoriese vereistes voldoen is sowel as openbare raadpleging waartydens die publiek ook hul kommer of ondersteuning kan uitspreek, sal nou eers gevolg moet word.
  • Maroela Media berig: Beurtkragvrye somer lê ook voor, meen Eskom Eskom is vol vertroue dat hy ook die hele somer die ligte sal kan aanhou en het die afgelope beurtkragvrye winter gewys “waartoe die maatskappy in staat is”.
  • Maroela Media berig Saak teen Hlophe: Optimisme ná hoogste hof direktiewe uitreik AfriForum sê hy is nóg ’n stap nader om die Nasionale Vergadering (NV) se aanstelling van voormalige regter-president dr. John Hlophe as lid van die Regterlike Dienstekommissie (RDK) in die hoogste hof ter syde te laat stel.
  • Grondwethof byt aan AfriForum se aansoek oor Hlophe Die konstitusionele hof het gebyt aan AfriForum se aansoek om dr. John Hlophe, uitgeskopte regter-president van die Wes-Kaap en onderleier van die MK-party (MKP), se aanstelling as lid van die Regterlike Dienskommissie (RDK) tersyde te laat stel.
  • Willie Spies skryf: Toe ons die Konstitusionele Hof genader het vir verlof om direkte toegang in verband met die parlement se omstrede besluit om John Hlophe op die RDK aan te stel, was ons onseker of die hof ontvanklik sou wees vir die aansoek.
  • Die Konstitusionele Hof laat net by hoë uitsondering direkte toegang toe. Vandag het ons egter direktiewe ontvang van die hof. Hlophe en die Speaker word tyd gegun tot Vrydag om eedsverklarings te liasseer en ons moet volgende Woensdag ons repliek aflewer, waarna die betoogshoofde en bes moontlik argumente in die hof kan volg...
  • Hierdie gaan 'n belangrike toets vir die oppergesag van die reg wees.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125