Friday Aug 30, 2024

Episode 324 - Spanning in Tshwane-koalisie met mosie van wantroue in burgemeester wat twee weke moet wag.

  • Maroela Media berig: Tshwane-koalisie: ActionSA sê hy besin, DA sê party ‘verraai’ ActionSA het intussen gesê hy waardeer die ANC se tydelike onttrekking van die mosie teen burgemeester Cilliers Brink aangesien dit die party genoeg tyd gee om sy interne hersiening af te handel rakende sy posisie binne die veelpartykoalisie in Tshwane.
  • EWN berig: Die African National Congress (ANC) en ActionSA in Tshwane het die regerende koalisie in die metro daarvan beskuldig dat hulle swart townships verwaarloos.
  • Dit het deels beide partye se oproep gemotiveer om burgemeester Cilliers Brink uit sy toppos te verwyder.
  • Ten spyte hiervan sal Brink sy werk vir nog twee weke behou, hangende die afhandeling van regsaangeleenthede in dié verband.
  • Netwerk 24 berig: Brink weer vir eers mosie af, maar sy dae is dalk getel
  • Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, kan vir eers rustig slaap as eerste burger van die hoofstad, maar dit gaan van korte duur wees.
  • Sy dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria het die ANC Donderdag net-net afgeskrik om nie Vrydag voort te gaan met sy dringende wantrouemosie teen Brink nie.
  • Brink sou Vrydag op ’n raadsvergadering ’n dringende wantrouemosie moes trotseer, maar hy en die DA het op Donderdag se raadsvergadering hofdokumente aan die ANC bedien om ’n stokkie voor dit te steek.
  • Die ANC het tydens die sitting vir ’n koukus gevra om die dokumente met hul regsverteenwoordigers deur te gaan. Ná die tyd het die ANC gesê die wantrouemosie is vir eers van die baan.
  • Luidens die DA se hofstukke is daar nie gronde om die wantrouemosie op ’n dringende basis te laat voortgaan nie. Die party sê ook die dringende mosie van wantroue is ongeldig en ongrondwetlik.
  • News 24 berig: Ten spyte van 'n aankondiging deur ActionSA in Tshwane dat hy die DA-geleide koalisie in die hoofstad gaan verlaat, het die party se nasionale leierskap volgehou dat sy standpunt steeds hersien word.
  • Aksie SA se streeksvoorsitter, Jackie Mathabathe, het Donderdag tydens 'n impromptu persinligtingsessie saam met die ANC en EFF gesê 'n besluit is geneem om die veelpartykoalisie te verlaat. Hy het verder bevestig dat die party saam met die ANC en EFF sal stem om burgemeester Cilliers Brink deur 'n mosie van wantroue te verwyder.
  • News 24 berig: Byna 6 200 mense is binne net drie maande in Suid-Afrika vermoor. Tussen begin April en einde Junie het die polisie 6 198 moorde regoor die land aangeteken.
  • Misdaadstatistiek skets donker prentjie, samewerking met burgerlike samelewing nou noodsaaklik Die misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2024/2025-boekjaar skets ’n onheilspellende prentjie oor hoe die toekoms van Suid-Afrika gaan lyk as die minister van Polisie, Senzo Mchunu, nie daartoe verbind is om ernstige geweldsmisdade in die kiem smoor nie. Die feit dat kontakmisdade met 3 831 gevalle vanaf 149 806 in dieselfde tyd verlede jaar toegeneem het, beklemtoon die belangrikheid daarvan dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kragte saamsnoer met burgerlike veiligheidstrukture soos AfriForum se 177 buurtwagte.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125